IDEES VIR KOUE HOENDERBOUDJIES
Liezl van Niekerk
Ek is opsoek na ‘n lekker resep vir koue hoender boudjies. My resep is lekker vir warm hoender. Jammer dit klink snaaks maar dit proe nie so geurig as dit koud is nie.
Nastasia Vosloo-Steyn
Ek’t dit laasjaar in daardie BBQ oond sakkies gemaak. Toe uitgehaal en ‘n rukkie terug gesit met die oond op grill.
Sarona Coetzee
Die een waar jy 1 koppie mayonnaise, 1 koppie blatjang, 1 pakkie bruin uiesop en 2 koppies kookwater oor hoender gooi en bak in oond is vir my net so lekker wanneer die hoender koud is.
Martie Josling
Jimmy sous lekker koud en warm.
Lettie van der Merwe
My gesin vra tyd vir hierdie boudjies, moet dit dag voor die tyd maak, dan trek geur in.
Sprinkel nat met suurlemoen sap. Geur lekker met genoeg sout, wit- en swart peper en genoeg gedroogde roosmaryn. Bedek met foelie en sit in oond. Bak tot sag. Haal foelie af en rooster vinnig tot goudbruin. Eet koud volgende dag.
Crystal-Anne Barkhuizen
Ek sprinkel suurlemoensap en BBQ en hoender speserye oor. Braai dit dan in braaipan met bietjie olie tot bruin aan een kant. Draai die boudjies om en sprinkel weer bietjie van die speserye oor. Braai so tot gaar en bruin gebraai aan alle kante. Haal uit en laat afkoel op afkoelrak. Baie lekker as ‘n koue hoender.
Riana Viviers
My Ma het “tamatiehoender” gemaak. ‘n Bottel Koo tamatiesous met ½ bottel Mrs Balls Peach chutney gemeng… dit op rou hoender met kwas gesmeer…en Aromat oor gesprinkel. (Hoender eers op roosterrak van swart oondpan gepak, en so 2 mm water onderin pan gegooi.) Nadat hoender gesmeer is, is dit met tinfoil toegemaak en in oond gebak (gewoontlik voor kerk in oond gesit). Na Kerk is hoender omgedraai, anderkant ook dik gesmeer en geursout gegooi. Weer gebak. Na nog ‘n uur oopgemaak, omgedraai en weer sous gesmeer. Dis dan OOP gebak tot tamatiesous so sticky is… hou hierdie bakproses goed dop, hoender skroei maklik. Bedien dit met blikke pynappelringe… of hou stil en eet dit koud as padkos met konfyt toebroodjies. Dis behoorlik “kan-nie-ophou-vreet”.
Hettie Meyer
Maak gaar in lemoensap en wanneer jy laaste lemoensap oorgooi, sout jy dit. Dan gebruik ek so lemoensap op 24 tot 30 boudjies maar ek maak in braaipan gaar.
Fanie Marais
Ek kook hoender stukke gaar sonder speserye. Laat goed afkoel. Kan dit ook oornag in yskas los. Klits eier of twee afhangend hoeveel stukke hoender en gooi bietjie koue water by. Doop stukke hoender in geklitste eier. Plaas ‘n paar stukke in plastiese sak en gooi ‘Hinds se ‘ Southern Coating’ oor stukke hoender en skud dit. Plaas dit nou in warm olie en braai tot ligbruin. Daars ook gegeurde poeiers beskikbaar. Ons eet dit saam met die ander koue vleise. Probeer! Sal nie teleurgesteld wees nie.
Ilze Jacobs
Ons gunsteling is hoenderboudjies goed gegooi met Robertson’s chicken spice, en dan in die oond gebak. Eenvoudig maar baie baie lekker.
Van Wyk Kotze Angelica
Liqui fruit en uie sop oor hoender steek in oond en bak 180°C vir 45 min of tot sag, laat koud word. Het dit altyd femaak vir troues. 400ml sap vir i pk sop (uiesoppoeier: wit as jy ligte sous soek, bruin as dit donkerder moet wees)
Emmie Cronje
Ek kook myne met 2 teelepels kerriepoeier en 1 teelepel sout. Lekker wanneer dit koud is.
Christa Haasbroek
Klop room styf en roer chutney by. Meng meel en speserye in ‘n sakkie. Skud porsies goed in sakkie totdat dit goed bedek is. Plaas op bakplaat en skep roommengsel oor en bak.
Amanda Bezuidenhout
Ons het Chinese hoender gehad! My ma het hoenderboudjies in Maizena gerol en in oondpan gepak, bruin suiker en soyasous oorgegooi en laat staan om te marineer, dan oond toe en net voot dit gaar is, blikkie pynappelstukke oorgegooi en verder gebak en dit was sticky en taai.
Foto: Roni van der Walt