IDEES VIR KORTRIB
Charlene Taljaard-Windebank
Enige idees/resepte vir beef short rib? Het dit nog nooit gemaak nie.
Elna Botha
In die oond op 180ºC so 2 ure, of weber.
Michelle van der Merwe
As jy ‘n drukkoker het:
Verbruin die kort rib. Dan stoompot toe met tamatie en uie smoor, rooiwyn en speserye.
Bedien met kapok aartappels en verdik die sous.
Dina Venter
In die oond 160-170°C. Verf met suurlemoensap en gooi sout en maal swartpeper oor. Suurlemoensap kan so 2 keer herhaal word. Moenie haastig wees nie, toets of dit sag is – 3ure plus.
André Steenkamp
ANDRÉ SE DIKRIB OP STOOF (of in die oond)
Ek het sommer ‘n kasserol, op lae gas, op my stoof gebruik.
My solar is net te lig om my oond te trek. Anders oond teen 120˚C.
dikrib stukke (±3 kg) gegeur met:
Aromat (Peri-Peri) en peper, bedek met ’n ligte lagie:
Maizena (Het nie meel gehad nie)
Braai alle kante van die dikrib effe bruin in pan met bietjie olie.
Plaas drie medium grof gekapte uie onder in die kasserol.
Plaas die dikrib (been onder) op die uie in die kasserol. Ek het hulle soos soldate laat staan, dan pas hulle almal net mooi in.
Sprinkel die volgende oor:
2 eetlepels gekneusde knoffel
1 eetlepel origanum
5 naeltjies
4 lourierblare
50 ml soy
375 ml (½ bottel) droë rooi wyn
Met ‘n toe deksel, op die laagste gasvlam vir 5 ure en Fluit Fluit.
Lewer 8 – 10 porsies.
Bedien saam met rys of stampmielies en gebraaide groente.
Kan die rooiwyn in die resep maklik vervang met ‘n gelyke hoeveelheid beesvleisbouillon. Dit sal smaak en kleur tot die resep bydra. Hoenderbouillon of groente-sous kan ook gebruik word as dit alles is wat u byderhand het, maar beesbouillon is beslis die beste keuse.
Daar is natuurlik heelwat alkholvrye wyne
Marelise Smit
Bak in oond of gebraai op kole, mal daaroor. Ek verf dit gewoonlik olyfolie en gooi meat tenderizer op en spice net met garlic pepper spice van Ina Paarmans, laat lê so vir dag en braai op kole.
Johann Conradie
Sit op rooker teen 225°F vir 10 tot 12 ure en rook met Hickory hout vir eerste 2 ure. Haal af as dit by 195 grade kom.
Adele Horn
As jy het, gebruik ‘n swart pot. Sny short rib in bite size stukkies met been in. Kap ui op en braai in die pot tot bruin, gooi short rib saam en braai ook tot bruin. Gooi so 1-2 eetlepels Worcestersous, sout en peper na smaak. Draai hitte tot laag. Sit deksel op. Maak 1 koppie biefekstrak aan en gooi klein bietjie in. Laat stadig prut vir so ongeveer 2 ure. Kyk so nou en dan dat dit nie droog kook nie en gooi net bietjie biefekstrak by. Vleisie sal lekker sag wees en sommer van die been afval. Maak bietjie bruin uie sop poeier in water en gooi by en laat dit kook en die sousie dik geword het.
Christine Redelinghuys
Neem uie, garlic, naeltjies, lourierblare en bietjie gemmer en kaneel, sout en peper, paprika en kort rib en stoom so vir 30 min of tot lekker sag. Haal kortrib uit en pak in oondbak gooi marinade oor en grill tor lekker bruin.
Miemie de la Rie
Ek kook en braai my kort rib so stadig tot dit lekker sag is gee net n lekker smaak as jy so bietjie braai tussen die kook.
Gert Van Den Berg
My vrou het rukkie terug ‘n heel ene in ‘n weber gerook – was wow!
Elsabie Templeton
In stoompot as ‘n kerrie gemaak en saam met stywe mieliepap bedien. Of maak stadig gaar tot sag en sit dan op die rooster om daai vetjies te braai.
Hazel Nortje
Ons maak dit gereeld of in oond of bo op stoof of buite in swartpot.
Felicity Lotter
Roll your short rib in seasoned flour, brown it in a pot with a little oil, take beef out, add onion, bacon bits, garlic, a chopped up celery stick, a couple of carrots, a glass of red wine, a beef stock block, a bay leaf, a clove and add your ribs back into the pot. Close and cook on low for about an hour or 2, then check that it’s falling off the bone, the liquid has reduced. I serve on mashed potatoes, or polenta, with sauce poured on top.
Queane du Toit
In roasting dish…with orange juice, kosher salt & pepper. Add chopped onion, celery and carrots. Low and slow… 160 for 2,5 hours. Remove lid, crank up to 180 so meat can brown. Thicken juices as gravy.
Foto: Gert van den Berg