Your Recipe Blog

IDEES VIR “HUBBARD SQUASH” SKILLE

IDEES VIR “HUBBARD SQUASH” SKILLE

Lorraine Weitz Brand
Ek glo baie mense weet daarvan maar noem net weer. As ons Hubbard Squash koop, spoel ons pampoen deeglik af vir sand ens, en sny ons die SKIL mooi af (bo die geel), sny dan die SKIL in klein blokkies en kook dit saam met uie en aartappels. Heerlik. Meng dit fyner, sout en peper en bietjie botter. Proe byna soos groenboontjies. Met die pryse van kos kry jy dan sommer pampoen en groenboontjies. Twee vir die prys van een.
Rox Jacobs
DIt is regtig heerlik veral as lekker spek of vet potjiekos stukkies in sit, ons het groot geraak met dit op die plaas.

Lorraine Hilhorst
Do you boil the Hubbard skins, onions, and potato, or do you only add small amounts of water?
Lorraine Weitz Brand
I boil them all together in water. Just like green beans.

Sarie du Plessis
Baie lekker, maar dan moet die skil nog so sag wees dat jy hom met jou duimnael kan deurdruk. Lekkerder as groenboonbredie!!

Rolinda Van Der Werf
My vriendin doen dit al van ek haar ken. Daar van 1983 af. Sy voeg tamatie smoor ook by.
PJ Stein
Cook with potato mash, makes a stunning mash. With cauliflower to. With sour cream, mustard and grated parmesan!
Rosa Celliers
Jy kan dit alleenlik doen met ‘n groen pampoen. As jy die donker groen met jou nail kan aftrek, kan jy dit kook. As dit ‘n ou harde pampoen is, kan jy maar los. Hy sal nooit sag kook. Enige soort pampoen se skille kan gekook word.

Kathy Swart
Ek het by ‘n bejaarde tannie dit ook geleer, jy kan dit ook rasper met uie braai in pan, dit is baie lekker.

Marius Jacobus
My ma het die skille bo-op die kos gesit terwyl dit kook.

Anita Geldenhuys Germishuizen
Ja Dit is baie heerlik. Dit moet n jong pampoen wees wat se skil nog sag is. Ek sit die skille so heel op souserige vleis, in ‘n pot of in ‘n caserol in die oond, en kook dit so tot gaar.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page