Your Recipe Blog

IDEES VIR HEERLIKE ROOI ROMAN

IDEES VIR HEERLIKE ROOI ROMAN

Ek weet nie hoe groot jou vis is nie, maar vergeet van ‘n “resep”. Rooi roman is op sy lekkerste op een van hierdie maniere:
As die vis baie groot is, fillet dit netjies en braai vinnig oor hoë hitte in ‘n dikboompan. Net ’n paar minute aan elke kant. Gebruik botter wat jy eers so bietjie bruin laat braai, voeg dan olyfolie by.
Van die kop maak jy die lekkerste denkbare visaftreksel.
Romankop het iets soos gelatien in, en is vreeslik geurig.
Of
As die vis heel in ‘n pan kan pas, braai die heel vis op dieselfde manier in botter en olyfolie.
Ek vryf ’n bietjie mieliemeel gemeng met bietjie koekmeel oor die vis voor ek dit braai en geur dit met enige lekker mengsel, soos die een met peppadew in.

Ek sou beslis nie ‘n vars roman bedek met souse en goeters nie. Rooi roman moet net tot “underdone” gaar gemaak word in die pan, plaas die vis dan in ‘n lou oond, glo my, dit bak deur in 10 minute. Die meeste mense maak die vis te gaar, en sê dan hulle hou nie van vis nie!

Bygesê, dit is heerlik met gekookte jong aartappeltjies, ‘n soeterige groente soos ertjies of patats en ‘n lekker bak groenslaai met bestanddele soos gekapte tamatie, basielkruid, bietjie gekapte ui, ens.

Resep idee en foto: Zuri Roos

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page