IDEES VIR “FRIED RICE”
Marlene Van der Merwe
Hoe maak mens “fried rice”?
Linda Laing
I fry onion, garlic, peppers and mushrooms. Add a cup full of raw rice, 2 cups of chicken stock, rice spice and fry on low heat till rice is dry.
Shaun Mattheus
Fried rice must be a day or so old. Fry whatever, onion peppers chicken, garlic chilli ginger, ad rice some soya and fry, salt etc to taste.
Cliffie Corneluis
Ek braai my rys lekker bruin in kookolie, kook normaal, as afgewas is, voeg rys spice bietjie borrie en stockblokkie in, ek gebruik greenpepper en garlic blokkie. Terwyl rys kook, braai ui, greenpepper, mushroom en garlic. As rys gaar is, roer blik of gevriese ertjies by mushroom en uie mengsel, roer deur. As jy ete wil maak, los stockblokkie uit, braai bacon of blikkie mossels by uie, kan ook heelmielies ingooi. Is lekker en vullend veral as mens kamp iet vinnig en maklik.
Anchen Kobus
Braai knoffel, chillie en gemmer in wok of pan, voeg ham blokkies of prawns by, dan 1 of 2 geklopte eiers. Roer die hele tyd. Voeg rys (dit is die beste met rys wat die vorige dag al gekook is) en ertjies by en braai lekker en roer steeds. Voeg sojasous, vissous (optioneel) en ‘n klein bietjie sesamolie by en roer goed. Strooi “spring onions” oor net voor jy dit uitskep.
Delene Breytenbach
Botter en olie. Stadige hitte en sodra rys bruin is en lyk soos rice crispies, voeg ek ‘n veggie stock by. Dit word vinnig gaar. Ek sit gewoonlik dan net by die rys in baba ertjies.
Magda Bester
Delene Breytenbach die is heerlik – ek sit uie, sampioene, greenpepper en knoffel by sodra rys bruin is en roer tamatie puree by kook stadig tot rys sag is.
Leza Du Toit Mienie
Fried rice word gemaak met gaar rys wat verskieslik die vorige dag reeds gemaak is. Die rou rys met die stock word risotto genoem.
Rix Sugarman
Rosotto is ‘n volledige gereg, met ‘n baie bepaalde tipe rys as basis. Iets heeltemal anders as “rou rys met stock”.
Leza Du Toit Mienie
Fried rice is egter nie rou rys in stock nie… Ek het net vinnig die verskil uit gewys. En in ‘n knyp kan gewone rys in plaas van risotto rys gebruik word.
Analet Grobler
Leza Du Toit Mienie jy is heeltemal reg oor die rissotto btw❤ die basis is rou rys gekook in stock en witwyn. Dan kan mens groente bysit.
Linette Van Heerden
Fried rice, is klaar gaar rys wat vinnig gebraai word saam die volgende: uie, knoffel, rys, soya sous en dan kom daar eier by wat jy in die pan gooi soos wanneer jy scramble eiers maak. Ek voeg bietjie seasame saad by.
Cliffie Corneluis
Linette Van Heerden ek gebruik rou rys vir fried rys, braai vir my bruiner en smaak kom lekkerder uit as gaar rys, gaar rys geneig om pap te kook met die speserye. So ek verskil, rou werk beter, daai braai smaak kom lekker uit.
Susanna Kruger
My ma het altyd haar rys gebraai in botter en dan bietjie water oor gegiet en gekook oor stadige hitte dit was heerlik het soos Rice O mix geproe. Dis regtig lekker my jongste sus maak nogsteeds haar rys soos my mammie. Ek doen nie meer nie want ons eet baie min rys.
Martin Bester
Typical Chinese fried rice is made with Jasmine rise. When cooked you can fry it and add dices carrots, peas, bacon, scrambled eggs, etc as suggested by others.
Valerie Fourie
Ek braai my rys in botter op die stoof tot goudbruin, haal af van die stoof, voeg redelik baie kookwater by, wanneer dit opgehou het met bubble, voeg ek spice for rice en sout by en kook stadig soos gewoonlik.
Louwtjie Beck
Ek gebruik rou rys. Braai eers my uie bruin. Knoffel, groen rissie, sampioene, wat ookal. Alles so fyn moontlik in botter. Dan voeg ek my rys by, en laat dit pof soos mieliepitte, voeg bietjies water by om dit te verbruin. Dan my gunsteling speserye. Sodra dit goed gepof het, vul ek water by om gaar te kook. Roer gereeld.
Terry Smith
It’s not actually fried. I boil my rice and thereafter drain and add chopped cooked bacon or ham, chopped spring onions, finely chopped raw carrots, finely chopped egg omelette and bean sprouts if you have. Enjoy.
Inga Du Randt
I fry raw rice in oil till it pops then I boil it with spices and add my fried ingredients.
Photo: Elize de kock – https://yourrecipeblog.com/recipes/homemade-fried-rice/