IDEES VIR EKONOMIESE HOENDERPASTEI
Anthony Bosch:
Hi ek opsoek na ‘n lekker hoenderpastei resep met winkeldeeg, maar dit moet ‘n pastei wees wat net die basiese goed gebruik, asb.
Karen Pieterse:
Ek maak myne so: 1 pakkie chicken a la king aangemaak met 250 ml room. Ek sny hoenderborsfilette op in blokkies, braai met jou spesery. Meng opgesnyde sampioene by, soetrissie en sommer ‘n blikkie heel pit mielies. Voeg die sous by. Laat dit bietjie opkook, skep in jou bak met ‘n laag deeg onder. Sit laag deeg bo-op, “egg wash” en bak op 180°C tot bruin. Haal uit en sit by wat jy wil, maar die sous is ‘n wenner. As jy baie bestanddele het, kan jy meer room gebruik of vul aan met melk tot 400 ml.
Leone Barnard du Toit:
Ek maak hoender gaar met sout, peper, paprika, gemengde kruie en uie en ontbeen sodra gaar. Hou die sous. Meng 1 of 2 pakkies hoenderroomsop by die sous en meng met hoender. Skep in bak, sit deeg oor en bak. As jy dit wil rek maak aartappel blokkies gaar en meng deur voor jy dit in die bak skep of sit macaroni by. Dis my basiese resep.
Andersins meng ek ‘n bakkie plein jogurt met soppoeier en meng met hoender. Krummel bacon kips oor en gesmelte botter en bak.
Renalda Jananda:
Hoender pastei in ‘n kits!
16 hoender dye, hoender speserye (Ina Paarman), 2 rolle skilferkorsdeeg, 1 pakkie hoendersop, 1 pakkie sampioenroomsop, 1 eier
Kook die hoender in water en speserye tot gaar.
Ontbeen en ontvel die hoender, los in growwe stukke.
Plaas die hoender in ‘n braaipan op lae hitte.
Meng die soppoeier met 500 ml koue water, roer in by die hoender.
Roer, ek gooi so 3 keer tussen in 50 ml water by tot die sous dik genoeg is na my smaak.
Lê bak uit met deeg, vul met hoender en bedek met deeg.
Smeer die deeg met geklitste eier en bak tot goudbruin en gaar.
Michelle Pieterse:
Sny hoender is klein blokkies, bedek met meel , voeg speserye by (sout, peper en cumin) rasper 1 ui, sny 250 g sampioene in klein stukkies. Braai dan die uie, sampioene en hoender. Voeg so om en by 100 ml room stelselmatig by. Mengsel moet dik en romerig wees. Plaas dan in oondbak en sit die deeg bo-oor. Verf 1 eiergeel bo-oor die deeg. Bak vir 35 – 40 min teen 200°C. En smul. 😁
Jan Botha:
Ons moes in die Lugmag snaakse truuks uithaal om hoender ver te rek, maar in die hotel het ons paar lekker goed geleer, een jy vat ALLES wat die hoender het, elke porsie se smaak maak dit beter, Robertsons se chicken spice en so 3 naeltjies as jy dit gaar kook. As jy uie skil dan gooi jy daai skille van die uie en aartappels en wortels ook in die hoenderkookwater. Uie word in 3 cm repies gesny en gebraai, aartappels en wortels in 4 mm blokkies gekap, mushrooms in 4 mm skyfies gesny.
Ek braai die sampioene eerste, geen botter of olie, warm pan en as dit warm ingaan moet jy dit bly skud dat hulle nie vasbrand nie, as hulle kleur kry, haal uit en in mengbakkie.
In dieselfde pan: klein bietjie olie en braai uie daarin, ek sit so 4 knoffelhuisies fyngekap ook in, so 50 g botter, sit dan die wortels en aartappels in. Braai tot dit lyk of dit begin aanbrand in die pan. Haal uit en sit saam met die sampione.
In dieselfde pan: so 80 g botter, twee gelykvol eetlepels sampioensop, 1 eetlepel gewone koekmeel, dan hopelik is die hoender al gaar, dreineer en laat daai hoenderaftreksel water kook tot helfte verminder. Gebruik daai water en voeg by die meelmengsel tot dit dik pasta maak, 250 ml room in, verdun nog so klein bietjie, moet redelik aan die lepel vassit.
Haal die vleis van die bene af en vlok fyn of soos jy verkies, ek gebruik nie die vel nie, honde kry dit. Kombineer die hoender en groente en sous, dit behoort redelik dik te wees, skilferkors onder in bak, onthou om die bak te smeer en te koekmeel dat dit nie vassit nie, beslag in, boonste deeg op, steek vol gaatjies en eiersmeer in die oond, 170°C tot kors lig, bros en goudbruin gebak is. Ek sit oond af en laat nog so 5 min staan met deur op skrefie oop.
Katie Taljaard-Du Toit:
Kook hoender tot sag en pluis dit. Maak 1 pakkie hoendernoedel sop poeier aan in 1 koppie van die hoendersous gooi gepluisde hoender by en laat prut. Kyk as jy sien dit begin droog kook, gooi nog bietjie van die hoendersous by tot alles opgebruik is. As hoender droog gekook is, skep in oondbak en sit Today deeg bo-oor. Druk hartjies of blaartjies uit vir versiering bo-op pasteideeg! Verf 1 hoendergeel gemeng met titseltjie melk bo-oor. En bak in oond! Heerlik sonder fieterjasies!
Foto: Michelle Pieterse