Your Recipe Blog

IDEES VIR DIE KOOK VAN STAMPMIELIES

IDEES VIR DIE KOOK VAN STAMPMIELIES

Vraag van Marlene Minderon:
Het iemand al samp in mikrogolf gemaak?

Christa Botha:
Week net oornag in koue water eers.
Marlene Minderon:
Ek doen dit altyd maar nou soek manlief samp vir middagete.
Gerrie Swartz:
Christa Botha Deesdae ni meer nodig om oornag te soak nie, ek kook myne met ‘n mespunt koeksoda, niks lank nie, try dit.
Christa Botha:
My huiswerker trek ‘n plastiese sak oor ‘n glasbak as sy rys of aartappels in die mikro gaarmaak. Ek dink dit behoort met stampmielies ook te werk. Hou net dop en oppas vir brand met die stoom.

Marlene Potgieter:
Marlene Minderon het jy ‘n stoompot, dalk kan jy dit daarin maak, dit sal net so vinnig gaan.
Toeka Bekker:
Marlene Potgieter ek stem saam maar wees versigtig vir n stoompot. Samp sit uit en kan gevaarlik wees. Sal klein hoeveelheid moet gebruik.
Delene Breytenbach:
Pasta,  samp en bone vat net so lank in mikrogolf as op stoof.
Linnie Barnard Naude:
Delene Breytenbach jy is reg. Ek spoel myne net elke 25 min af want dit kook oor in mikrogolf en sit met laaste keer eers sout by. Ek hou van los korrels en sit ook spice for Rice by.

Ansie Weber:
Ek kook myne sommer oornag in slowcooker op Auto. Voeg niks sout by nie. Volgende oggend sit ek sout en ‘n lekker stuk botter in en roer deur. Ek vries dit in bakkies. Maak sommer ‘n pot vol en dis so vinnig.
Katharina Steenkamp:
Oornag in kookwater volgende dag spoel af en gooi weer kookwater in sit dit in microwave ek doen dit gereeld.
Anita Van Tonder Jacobs:
10 min op hoog. 20 min op simmer en weer 10 min op hoog. Dis hoe ons dit kook in mikrogolf.
Hennie Botha:
Koop quick samp by enige supermark – dit is baie vinnig in die mikrogolf oond – veral as jy ‘n tupperware cooker gebruik.
Tanya April:
Ek het al ‘n paar keer ja en dit raak gouer sag ook.
Clara Jonker:
Kook lekker sag in mikrogolf as jy dit oornag week in water. Onthou net biekie voor dit heeltemal gaar is. Sal heerlik wees.

Foto: Alta Gunter Van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5