Your Recipe Blog

IDEES MET VOLSTRUISEIERS

IDEES MET VOLSTRUISEIERS

Elma Venter-Britzz
Goeiemore wie van julle het idees watter disse om met volstruiseier te maak, behalwe roereier? Kan ‘n mens die geklitste eier in porsies verdeel en vries?
Alta Gunter van Dyk
Plaas die inhoud van die volstruiseier in ‘n bak, klits dit goed, nou weeg jy die eier 68 gram per eier, bêre in bakkies soveel gram soos jy wil, elke 68 gram is gelyk staande aan ‘n ekstra-groot eier, of gebruik “zip lock” sakkies, vries dit dan, soveel gram soos wat jy op n slag gaan gebruik.

Ek kry heelwat volstruis eiers wat hulle nie gebruik vir boer nie dan bêre ek myne so vir enige gebak, quiches, soutertjies, in jou maalvleis, bo-oor jou bobotie, tog heerlik.

Erna Gerber

Een volstruiseier = 24 hoendereiers, so jy kan lekker bak, fritatas maak, ens. Ek persoonlik, vind gevriesde eiers redelik afstootlik.

Barbara Brink

My skoonsus het met volstruise geboer. Daai eierwitte maak baie beter/lekkerder/mooier skuimpies as hoendereiers se witte.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page