Your Recipe Blog

IDEES MET VARK TJOPS

IDEES MET VARK TJOPS

Retha Du Toit:
Worcestershire sous gemeng met appelkooskonfyt, smeer oor vark tjops. Sprinkel biltongspeserye oor die tjops en bak of braai in pan tot gaar.

Mercia Labuschagne:
Kerrie varktjops
Meng kerrie, borrie, chutney, bietjie tamatiesous, bietjie asyn en bietjie kookolie saam. Gooi oor tjops. Bak tot gaar.

Analitia Shuda:

  • Meng die volgende:
  • 1 eetlepel amandelmeel
  • 1 eetlepel kerriepoeier
  • sout en pepper, na smaak
  • Meng:
  • 1 eetlepel asyn
  • 1 blik pypappel

Rol die vark tjops in amandelmeelmengsel, plaas in oondskottel.
Giet die pynappelmengsel bo-oor die tjops.
Plaas in oond en bak by 180°C vir 30 min of tot gaar.

Gerda Miller:
Sprinkel jou keuse speserye, sout en peper oor die vark tjops. Voeg melk en asyn oor, maseer dit deeglik deur die tjops en bak in ‘n warm vooraf verhitte oond. Die vleis is heerlik sag en die velletjies lekker bros.

Hanlie Oosterhuis:
Voeg ‘n bottel Knorr Franse of Italiaanse slaaisous oor en bak in die oond tot gaar.

Bianca Scheckle:
Sprinkel die tjops met Steak en tjopspeserye, voeg ‘n klein blikkie ingelegde perskes met stroop oor die tjops, plaas in oondbak. Sny 3 tamaties in groot stukke en pak dit tussen die perske stukke. Sprinkel met roosmaryn takkies en gekneusde knoffel en bak in die oond tot gaar. Ons doen gewoonlik so 6 tot 8 tjops op ‘n tyd. Verminder net die hoeveelheid van die perskes en sap indien minder tjops gebruik word, anders is daar te veel sap en die tjops kook nie lekker sag nie.

Louisa Burnett:
Crumb the pork chops and fry in pan. But just to brown the crumb coating slightly. In an oven proof dish, pour a tin (or 2) of cream of tomato soup over. Place chops in soup and top each chop with a tablespoon of creamed sweetcorn, top with cheese and bake in oven at 190ºC for about 35 min. Serve with mash.

Angus Bruce Bruiners:
Flavor some flour with some dried thyme, salt, pepper, BBQ spice, and other spice of choice, roll chops in flour mix. Place in an oven pan with a little bit of oil and bake until crispy.

Ilana Smit:
I always bake mine in the oven with chutney, mustard and Worcester sauce.

Priscilla Smith:

  • Varkvleis roerbraai:
  • varkvleis, opgesny soos verkies
  • 30 ml olie
  • 1 medium ui, in dun skyfies gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyn gekap
  • 1 koppie fyn gesnyde kopkool
  • 125 g wortel, in repies gesny
  • ⅓ koppie brokkolie, klein stukkies gebreek
  • sout en peper, na smaak
  • gaar noedels
  • Sous: Meng die volgende en plaas eenkant:
  • ¼ koppie bruin asyn
  • 4 teelepels heuning of bruinsuiker
  • 2 eetlepels sojasous
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • 2 eetlepels mielieblom

Verhit die olie in ‘n swaarboom kastrol. Braai opgesnyde varkvleis tot goudbruin. Voeg die ui en fyngekapte knoffelhuisie by. Braai tot sag. Voeg die kool, wortel, brokkolie, sout en peper by. Drup eetlepels vol water in die pan om stoom te maak om kookproses vinniger te maak. Voeg die sous by, roer goed. Voeg gaar noedels by en meng alles goed deur met 2 vurke.

Wimpie Loots:
Gebruik blikkie mossels of oesters. Braai tjops en uie in die blikkie se olie. Sprinkel die oesters of mossels oor die tjops. Kan die tjops ook met spek repe toe draai. Voeg kaassous oor of rasper kaas oor en smelt.
Baie ryk maar lekker.

Wayne Dugmore:
Maak ‘n marinade van vars gerasperde gemmer, knoffel, ster anys en Savannah dry. Laat die tjops vir ‘n paar uur daarin lê. Braai oor direkte hitte.

Jan van der Westhuizen:
In oond met gemmerbier, sout en pepper na smaak, aartappels, uie ens.

Foto:  Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page