Your Recipe Blog

IDEES MET SPAGHETTI

IDEES MET SPAGHETTI

Lorraine Petersen:
Behalwe spaghetti n tamatie paste, spaghetti bolonaise…..wat kan mens ng met spaghetti maak. Ander disse asb.

Nicolene Bothma:
Een resep van my oorlede Moeder wat my man oor en oor vra ek moet maak.

  • NICOLENE SE SPAGETTI
  • Braai saam:
  • 1 pak bits of bacon
  • 1 pak sampioene, gesny
  • 1 pak murgpampoentjie, gesny

As alles lekker saam begin braai en baby marrow begin sag raak, gooi 2 groot lepels spice for rice oor en braai deur.
Meng dit deur met 1 pak gaar spaghetti.
Skep in bak en giet ‘n houertjie room oor en top met kaas.
Bak op 180°C tot kaas verbruin.
Michelle Swart:
Nicolene Bothma kan spinasie in marrow se plek gebruik dis baaaie lekker.
Nicolene Bothma:
Alet Leibrandt ek het dit al met ander speserye gemaak ook maar weet jy daai spice for rice is maar net die beste vir die dus. Geniet en lekker eet.

  • MISTO DI MARE – Stef Conradie:
  • 2 gekapte knoffelhuisies
  • ½ koppie witwyn
  • 1 houertjie room
  • 1 lepel Maizena
  • 1 teelepel suurlemoensap
  • sout/Aromat en peper
  • 1 pakkie seafood mix
  • pietersielie en grasuie na smaak

Braai die knoffelhuisies in botter.
Voeg die witwyn en room by en kook so 3 min.
Meng lepel maizena met ¼ koppie water en voeg by en bring tot kookpunt.
Voeg die suurlemoensap, sout/aromat en peper by.
Voeg “seafood mix” by en kook 3 min.
Roer gekapte pietersielie en grasuie by en bedien oor spaghetti. Njam!

  • RICE -O- RONI BYGEREG – Santie Carelse:
  • 3 eetlepels botter/margerien
  • 1 koppie vol spaghetti wat in ½ duim stukkies gebreek is
  • 1½ koppie rys
  • 4 koppies hoenderaftreksel
  • ½ teelepel elk van die vlg:
  • sout, knoffelpoeier en uiepoeier
  • ¼ teelepel peper
  • Opsioneel:
  • 2 eetlepels gedroogde pietersielie
  • ½ kop opgekapte tamaties

Smelt botter/margerien en braai rou pasta in dit, todat die pasta bruin begin word. (3 – 5 minute).
Meng rou rys by en braai nog 1 minuut.
Voeg al die ander bestanddele, behalwe pietersielie en tamatie, by pasta en rys.
Verhit tot mengsel begin kook. Sit deksel op draai die hitte af en laat prut vir ongeveer 15 minute of tot vloeistof geabsorbeer is.
Roer deur met vurk. Voeg nou tamatie/pietersielie by.
Bedien as bygereg saam met vleis of vis.

  • WERNER SE SPAGETTI – Werner Klue:
  • 2 blikkies tamatie en uie smoor
  • 500 g spaghetti
  • bietjie worcesteshire sous
  • ½ koppie blatjang
  • 1 pakkie tamatie pasta
  • sout peper en olyf olie

Meng alles met gaar spaghetti, laat staan vir 40 min op lae hitte.
Bedien met kwaliteit extra mature gerasperde chedder of parmesan kaas.
Kan gesnyde olywe ook byvoeg.

  • JOAD SE SPAGETTI – Joad van den Berg:
  • 1 blik bully beef
  • 1 blik mieliepitte
  • 1 ui, gekap en tamaties

Braai ui, voeg tamatie by braai tot sag.
Voeg mielies en gaar spaghetti by.
Meng goed en gooi in oondvaste bak.
Rasper kaas oor en bak tot kaas lig bruin is. Heerlik!

  • DROOMDIS PASTA GEREG – Santie Carelse:
  • 259 g spaghetti (ek vat sommer so groot handvol en gebruik ook baie keer sommer net elbow pasta)
  • 410 g pitmielies
  • 150 ml olie
  • ½ soetrissie
  • 4 repe ontbytspek, gesnipper
  • 1 pakkie sampioensoppoeier
  • 200 ml water
  • 1 blik sampioene
  • 250 ml cheddarkaas, gerasper
  • sout en peper

Kook spaghetti volgens aanwysings op pakkie tot gaar.
Dreineer, voeg pitmielies en olie by en meng.
Braai intussen soetrissie en spek tot gaar en bros en roer deur spaghetti mengsel.
Meng soppoeier en water en voeg saam met sampioene in kastrol en kook vir 15 minute.
Giet oor spaghetti mengsel en meng.
Plaas in vuurvaste bak en bedek met kaas.
Bak by 180C totdat die kaas mooi bruin is.

  • JOANN SE SPAGETTI – Joann Veldman:
  • ½ koppie olyf olie
  • 1 hele bos leaks/preie
  • 1 groot skep knoffel
  • 2 blikke heel tamaties
  • sout en peper na smaak
  • 1 – 2 koppies room

Sny die leaks/preie fyn.
Braai in die olie.
Voet die knoffel daarby.
As leaks lekker gebraai is, gooi blikke tamaties in.
Geur met die sout en peper.
Laat dit lekker kook en druk tamaties fyn.
Giet die room by.
Laat so 10 min sonder deksel lekker kook.
Gooi oor spaghetti en laat staan dat sous lekker deur trek. Gooi parietal oor.

Surene Strydom:
Groot gunsteling van my, gebruik enige pasta.
Gaar pasta in jou pot, gooi by: baie gerasperde kaas, suiker na smaak, so 2 eetlepels, sout en peper, tamatiesous en tamatiepasta.
Laat stadig smelt en roer deur.
Die suiker en kaas laat dit BAIE anders proe.🥰
Verder gooi jy by waarvan jy hou.
Lusinda Davies:
Braai maalvleis tot bruin, gooi sout peper, Aromat, paprika en gemenge kruie by.
Gooi maalvleis in ‘n ander pan en maak sous in pan wat jy maalvleis gebraai het.
Gooi nou olyf olie in pan, Braai klein stukkies wortel, uie en green pepper in olie met garlic. As die uie deurskyn, gooi dan vars gesnyde tamatie stukkies in. Strooi met sout peper garlic sout en groen uie sout. Meng 2 teelepels bruin suiker by.
Gooi Dan “woestersous” en tomato paste by, braai tot hy begin taai raak, gooi dan rooi wyn in tot alles van die pan onder los is. Meng nou 1 eetlepel asyn by, laat wyn en asyn 60% wegkook.
Meng bietjie appelkooskonfyt, blatjang en tamatie sous by ‘n koppie water met 1 blokkie “beef stock” en prut vir 10 min tot sous lekker dik is.
Gooi nou jou mince by jou sous met 1 halwe koppie gerasperde kaas.
Jy Kan jou pasta by die mince ingooi as dit gaar is of apart opskep.
Danette Hattingh:
‘n Persoonlike gunsteling van my, as jy van knoffel en chillies hou:
In ‘n pan, maak ‘n redelike hoeveelheid olyf olie warm, saam vars, fyngesnyde knoffel en chillie flakes (of vars gesnyde chillies)
Meng saam met klaar gaar Spagetti, gooi parmesan kaas oor, 🤤🤤🤤 geniet saam met ‘n glas wyn.

Laura Redfern:
Last night I fried bacon, onions, garlic and herbs, you can add mushrooms.
Add a tin of coconut cream. I add a half cup of chicken stock.
I used mushroom soup powder for extra flavour and to thicken the sauce and cornflour.
I had a bit of smoked chicken which I added too and served with spiral pasta.
My daughter has a milk allergy, so this is a great option for her.
Marissa Corné Krüger:
Braai gesnyde Russians met uie en mushrooms, gooi bietjie chutney, tamatiesous, pepper en herbs. meng met pasta en gooi kaas bo-op.
Of – Braai uie en kook vleis in ‘n groot pop sit jou pasta in as vleis sag is gooi jou water en sousie by en eet lekker.
Marni Blomerus Wolmarans:
Ham blokkies, kaas en witsous. Mushrooms en pepper saam werk ook lekker. Of instede van ham werk bacon of hoender ook. 😋
Reinette Meyer:
I take a can of tomato and onion mix, but the flavoured ones and simmer it for a while and I will add bacon or ham and just add to spaghetti. Cheap and quick.
Annalise Le Roux:
Ek maak die spaghetti met seafood mix, gooi my eie spices in solank dit lekker is.
Ek braise my uie en my peppers, gooi enige spice op wat lekker is. Was my seafood mix af, gooi dit in, laat simmer so paar minute, dan gooi ek spaghetti in wat klaar gekook is.

Norma Crichton:
Break ¾ packet of spaghetti in small pieces and fry in a little oil until golden brown. Take off stove and add one cup of washed rice and two cups of water. Pinch of salt and let simmer on the stove until cooked. Serve with dinner if there are any leftovers. Make a salad with cut tomatoes, onion green and red peppers and salad cream.
Liezel De Vrye:
Het gisteraand goulash met gebraaide uie en greenpepper in n soet suur sous gemaak en gemeng.
Liezel De Vrye:
Meng net basil Pesto deur en geniet dit so. Jy kan gebraaide uie en bacon bysit. Vir my is dit heerlik
Nicolene Kruger:
Hoender fillets klein blokkies gesny, lekker gebraai met uie en spice, kook spaghetti normaal, 2 pakkies tomato paste, gooi paste saam hoender kook saam vir 2 min, dan meng als in saam met spaghetti.
Marlezanne Lingenfelder:
Spaghetti, gebraaide uie & bacon baie kaas & so 2 houertjies plain yoghurt! Dis vrek lekker!😍
Annemarie Van Antwerpen:
My eie resep.
Ek braai lamtjops saam aartappels in oond, bedek met foelie, sodra dit lekker gebraai is, gooi chicken stockpot, ek gooi sommer 2 of 3 bakkies in sodat dit ‘n lekker sousie maak, haal foelie af, terug in die oond sodat sousie deurkook, gooi dan gaar spaghetti by en meng, dis ‘n heerlike gereg. Geniet julle.

Terry-Lee Heuer:
Sphagetti with chicken almost like an Alfredo just with Sphagetti!! Spagetti with mixed veggies with a nice soya sauce. Spagetti with meatballs, baked sphagetti with cheddar cheese.
Martie Botha:
Gaar spaghetti gemeng met bacon en uie.
Maak patato bake aan, gooi oor en bak. Kan later kaas bysit en terug druk in die oond tot kaas gesmelt is.
Sonjika Hitzeroth:
Spaghetti met souserige beefstrips en opgekookte broccoli, 🥦dit is baie lekker. 😁 Skep jou spaghetti op, gooi jou strips oor en dan broccoli bo-oor, skep nog vleis sous bo-oor als.
Renita Van der Merwe:
Braai gesnyde kaaswors en uie. Meng met gaar spaghetti en gooi Ina Paarman se potjie sundried tomato sous oor. Room by as sous te min is en kook deur.
Wilna Janse van Rensburg:
Maak stew en kook spagettie as vleis klaar n bruin sousie in het gooi spaggetti in pot en roer deur heerlik met skaap skenkels een pot gereg.
Renata Schwarz:
Spaghetti met olyfolie, suurlemoensap, varsgemaalde swart peper, fyngekapte pers ui, vars chillies en verskeidenheid van vars kruie.😋😋
Renata Schwarz:
Adele Parreira Noem dit ‘green spaghetti’. Kan nog vars baba spinasie, seldery, green pepper ens bysit soos jy verkies. Ek nie vegetarian as sulks maar vind net spaghetti/pasta met nog vleis by is te ‘heavy’. Spaghetti met net olyfolie, spice en eiervrug ook lekker.
Maryka Louw:
Spaghetti pie…. braai bacon stukkies, uie, greenpepper en mushrooms, gooi dit bo-oor die gaar spaghetti, 3 geklitste eiers wat jy in roer en strooi gerasperde kaas oor. Bak so half uur lank en geniet met ‘n lekker groen slaai.

Robynne Todd:
Fry chicken bits in chicken spice with garlic and diced onion, add mixed or Italian herbs, chuck in one tomato paste, one can of tomato and onion, and one 250 ml cream. Add dried or chopped fresh chilli to taste (or not). Allow to simmer while you boil your sphagetthi. Mix in an oven dish, grate cheese on top, bake in the oven at 180 till your cheese is crispy.
Anchen Kobus
Spaghetti met room sous met:
– knoffel en chillie
– repies steak
– hoender en broccoli
– sampioene
– prawns, mossels of seafood mix
– spek
Spaghetti met olyfolie, spek, peper en parmesan kaas (nie die gerasperde nie)
Spaghetti met tamatie puree, room, wors stukkies en sampioene.
Spaghetti carbonara
Charmaine Coetzee:
Kook hoender apart ontbeen. Braai uie green peper mushrooms gooi bietjie kerrie by. Meng met spaghetti gooi bietjie kook olie dat hy nie droog is nie.
Lorraine Rohland:
Kook spaghetti, sit eenkant. Braai bacon in stork margarine, Kan ui ook braai saam dit. Gooi nou jou spaghetti by die gebraaide bacon, Gooi Melk en Kaas by

Charelle Botha:
Spagetti met repies steak of hoender en stirfry groente.
Klink weird maar super lekker.
Spagetti met scramble eiers, gebraaide uie, viennas.
Charmaine Bojanic Howden:
Ek maak chinese kos met spaghetti
Chinese chicken noodle sop
Chicken chow mein, daar is so baie Chinese resepte op pinterest.
Ek gebruik spaghetti ipv die spesiale noodle wat hulle vra. Dit werk soos ‘n bom.😁
Petro Austin:
Italiaanse spaghetti. Kook spaghetti soos altyd. Braai eenkant uie, knoffel, green pepper, mushrooms, besluit self oor laaste drie. Skep uit. Braai in selfde pan bully beef, ek gebruik 1 blik. Gooi uie mengsel by en laat weer deur warm word. Dan ‘n blik tamatie en uie mengsel, roer deur. Meng dit nou met spaghetti en geniet.
Petri Dippenaar:
Ons maak baie aande mushroom en witsous en meng saam met spaghetti saam met knoffel en vars pietersiele. Maklik, vinnig en heerlik.
Pot Salf:
Breek op in fyn stukkies en kook al dente gooi by wat jy wil meng deur en voeg 4 tot 6 geklitste eiers by geur na smaak bak in oond tot gestol Heerlike Randrekker

Corne Louw:
Bacon, parmesan, olyfolie, smoked paprika, italian spices, witpeper spaghetti, opsioneel witsous
Linda Bouwer Peo:
Ons braai uie met fyn hoender gemengde groente meng dan spagheti in
Laurette Vd Merwe:
Kook spaghetti gaar, dreineer, en roerbraai in n pot met olyfolie en Jalapenos. Sit Danish Feta oor wanneer jy opskep.
Natalie Walker:
Stir-fry with stir-fry veggies, spaghetti with wors and sauce, spaghetti as a side instead of rice. Spaghetti in soup, spaghetti with mushrooms and cheese sauce, spaghetti with chicken ect, basically anything you want we do it lol
Jasoda Kara:
Cooked spaghetti mixed with a white sauce as the base in the Pyrex dish and your savoury mince and then add grated cheese and bake.
Naomie Lubbe:
Kook spagetti gooi stukkies hoender in . Meng met mayonaise. Of tuna kan deur hoender vervang word.
Lameez Gamiet Lee:
U can even make a curry with spaghetti very nice I do it now and then but I put chicken necks in idk y but I love it

Chrissie Nel:
Lekker kaas sous wat jy dan Tuna in gooi en dit dan deur jou pasta meng. Jy kan oon gebraaide uie en soet russies by voeg.
Elsie Swart Muller:
Ek maak altyd macaroni en kaas met spaghetti. Vir my proe dit lekkerder.
Talita Strydom:
Ek gooi klein gebreekte spaghetti in sop. Of creamy chicken en mushroom met spaghetti.
Geoff Dowson:
Plenty basil, tomatoes, and onion sauce. Love it!
Carol Hall:
Bacon and mushroom in a creamy garlic sauce. Or cheese 3 x different cheese sauce.
Hester Correia:
Make a stir-fry with chicken strips, vegetable strips and cooked spaghetti.
Ansie Weber:
Steakrepies gebraai met uie. Stirfry met ‘n sous en spaghetti.
Marius Crouse:
Spaghetti met kaassous, stir-fry, saam met mince stew in plaas van rys.
Vandi Botha:
Chicken a la king of stirfry.
Denise Hoffman:
I would break my spaghetti in small pieces, brown them in oil, then cook it with rice, made a nice savory dish my kids would call it wurm rys.

Foto: Rosemarie Maytham

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5