IDEES MET HOENDERVET EN -VELLETJIES
Fransa Vorster:
Ek is op soek na resepte wat hoendervet en velletjies gebruik. Dankie byvoorbaat.
Elize de Kock:
STUFFED PEPPADEW WRAPPED IN CHICKEN SKIN
Those times when you make a chicken curry and have to remove them… but oh you love chicken skin. Freeze them and use it on a braai day. 😂
- 8 piquante peppadews
- roasted onion flavoured cream cheese for stuffing peppadews
- chicken skin
- toothpicks soaked in water
Drain peppadews and stuff with cream cheese.
Wrap each peppadew with chicken skin and put on a toothpick.
Braai on medium coals for 15 – 20 minutes or until brown.
Photo: Elize de Kock
Lioni Yvonne Lubbe:
My hoender velletjies maak ek skoon. Dan braai ek ‘n ui met knoffel gooi ‘n bietjie borrie en ‘n bietjie kerrie, mixed veggies, maak ‘n lekker sous, geniet op pap. Baie lekker.
Hoender voete: ok ek weet nie almal eet dit of die kop nie maar dit net so lekker met pap.
Was die voete baie mooi, trek die naels uit, haal vere af wat dalk oor is. Sit op die braai en gooi chicken spicy oor. Dan maak jy sommer enige sous van keuse met pap saam dit.
Hoender koppe: Was dit mooi skoon, trek snawel af en haartjies wat op is. Braai dit ook op vuur met ‘n lekker pot pap met gravy sous.
Ek maak my hartjies en pensies mooi skoon, was goed en kook dit tot lekker sag. Dan braai ek dit saam met ui en knoffel. Dan voeg ek aartappels en mixed veggies by en maak ‘n lekker sous en eet saam pap of oor ‘n broodjie.
Mel VR:
Ek het dit sommer net lekker gebraai en gesout en gebruik saam met mieliepap, soos kaings. Ek dink dit sal ook lekker werk met gebraaide uie en sampioene. Room daarby as jy kan en lagies soos n paptert?
Lioni Yvonne Lubbe:
Mel VR ja dit is baie lekker saam pap, hoender hartjies en pensies ook.
Susan Jordaan:
Braai uit vir kaiings.
Hannetjie Smit:
Draai hoenderlewertjies toe met die hoendervel dat dit ronde balletjies vorm, steek vas met toothpick. Dis heerlik op kole gebraai met Aromat en suurlemoensap.
Cherryll van Niekerk:
Braai uit, en gebruik ipv sonneblom olie ens. Maak heerlike “roast potatoes” in die vet!
Santjie Gie:
Hoendervelle en vet saam uitgebraai en net chicken spice oorgegooi. Uitgebraaide vet het ek gebruik om mee beskuit te bak.
Gezina Visser:
Braai die hoendervelletjies vir kaiings uit en eet heerlike kaiings, sprinkelnet spice op.
Hou die hoendervet, dit bak aartappels baie lekker in die oond. Net genoeg vet in die oondpan, warm op in die oond, versigtig om nie te brand nie. Haal die oondpan met warm vet uit die oond, pak jou vooraf effens gekookte halwe aartappels in die vet. Plaas nou pan met aartappels terug in die oond en bak goudbruin. Draai die aartappels om.
Elize de Kock:
FRIED CHICKEN SKIN
‘n Heerlike snack van “fine dine” trimming.
Preheat oven to 180°C.
Trim meat and excess fat from chicken skin; cut into 3’’ pieces.
Flatten, flesh side down, on a parchment-lined baking sheet.
Season with salt and pepper; (Spur Seasoning is great) top with another sheet of parchment and baking sheet (to keep skin from curling).
Bake ± 30 minutes.
Keep an eye because ovens may differ.
I did mine without another baking sheet on top.
Remember to discard the excess fat halfway.
Photo 2: Elize de Kock