IDEES MET HOENDERSTUKKE SONDER VEL
Natalle Nienaber Marais
Ek het hoenderstukke sonder vel. Wat kan ek maak, lus vir bietjie anders as “stir-fry”.
Algemeen:
Wraps, hoendersop, butter chicken curry, hoenderpastei, chicken strips, chicken al-la king, maak slaai, gordon bleu, hoender risotto, hoender kerrie, crumbed fillet, nachos, chicken satay, chicken kiev, roti, breyani, hoender burgers, hoender mayo blatjang gereg, thai curry, nuggets, hoender alfredo pasta, chicken korma, sweet and sour chicken, honey mustard chicken, chicken and leek pie, kfc hoender, salt and pepper fillet with potato and carrots, chicken and spinach with roti, dry masala chicken potato bake, stroganoff, enchiladas, lekker dik hoender-groentesop.
Claudette Smith
Maak sous met tamatiesous, blatjang en soetrissiesous. Kap fillette bietjie platter. Braai in ‘n pan in die sous op ’n plaat oor lae hitte.
Jessica Williams
Spice it, slice it open, put cheese in and wrap bacon around it. Pop it in the oven for 20 minutes.
Lyzette De Beer
Met sampioen en bruin uiesop
Maak die hoender gaar met uie, sampioene, knoffel enige soetrisse. Kook brokkolie en of blomkool op. Maak ‘n witsous, meng al die bestanddele saam en geur na smaak. Bak in die oond tot gaar. Sprinkel gerasperde kaas oor en plaas terug in die oond tot die kaas gesmelt is. Ek gebruik sampioen blikkie sop i.p.v witsous en sampioene.
EJ Nel
Bak die hoender in ‘n toe oondskottel met mayonnaise, klein uietjies of uie-skywe, aartappels en klein worteltjies of skywe van aartappels en wortels. Moenie suinig wees met die mayonnaise, blatjang, bietjie mosterd poeier vir geur en watter speserye jy ookal van hou.
Margaret Dempsey Du Plessis
Stop hoender borsies met spek, sampioene en uie. Voeg kaas witsous oor.
Lollie Blossom
Saam met bietjie prawns, ‘n lekker Nasi Goreng.
Stephanie Kriel
In ‘n pot braai jy ‘n ui, ‘n groen soetrisse en ‘n pakkie sampioene. Voeg die hoender wat in repies gesny is daarby en braai tot gaar. In ‘n maatbeker meng jy een koffie beker vol mayonnaise, 1 beker blatjang, ‘n pakkie bruin uiesoppoeier net so droog by en bietjie sout, meng deur. Wanneer die hoender gaar is, voeg die sous en 1 pak gaar makaronie by. Meng goed, skep in ‘n oondbak en sprinkel gerasperde kaas bo-op. Bak in die oond tot kaas gesmelt is. Dit is baie kos, vullend en lekker.
Estelle Fourie
Vul die hoender met spinasie en feta. Draai ‘n reep spek om die gevulde hoender en steek dit vas met tandestokkies. Ander opsie is kerrie gemarineerde sosaties.
Riette Perold
Ek het gisteraand sommer my hoenderborsies lekker met spek toegedraai en op gesmeerde oondpan in oond gebak. Parmesan of mozerella by gerasper net voor opdiening, vinnig en maklik. Het patats in skywe gesny met olyfolie oor en saam in die oond gebak.
Joey Rheeder Henderson
Chicken schnitzels. Kap met vleis hammer aan beide kante. Klits 2 eiers goed saam met ½ teelepel hoenderspeserye. Doop die gekapte hoender in die eiermengsel en dan in broodkrummels. Laat rus die hoender vir ‘n ½ uur in die yskas. Bak in ‘n matige warm pan met olyfolie en 1 teelepel knoffelbotter gemeng tot ligbruin aan albei kante. Hou die plaat se hitte op medium. Sny skyfies kaas en plaas bo-op die gaar hoender om te smelt. Bedien saam aartappelskyfies, rys, groente of slaai.
Albie Vermeulen
Sny die hoender halfpad oop, vul dit met ham en kaas. Meng ‘n pakkie “potato bake” met room en giet dit bo-oor die hoender. Bak die hoender in die oond tot gaar.
Frikkie Jones
Stop die hoender met mozarella, ui en songedroogde tamatie. Bedek met krummels. Bak in die oond met botter. Bedien met gremolata.
Justmine-Lee Jess Henderson
Hoenderkoekies. Sny hoender in fyn stukke, voeg kaas, meel, eiers, sout en mayonnaise by en meng deur. Braai dit in ‘n pan met bietjie olie. Dis baie yummy.
Helene Wilke
Daardie witvleis maak jou lekkerste pastei. Kook hoender gaar met bietjie sout. Maak ‘n pak Simba “BEEF” skyfies fyn, roer dit by die hoender en skep in ‘n oondbak. Plaas ‘n vel skilferkosrdeeg bo-op en bak totdat die deeg gaar is. Dit is die lekkerste hoenderpastei.
Chandré Louw
Vul met peppadew en feta, draai spek om en bak in die oond tot gaar. Of kap dit plat met ‘n vleishammer, doop in eier, dan meel en weer eier en laastens in “cornflakes” se broodkrummels en braai in olie tot gaar, vir schnitzels.
Maretha du Plessis
Hoender en prawn kerrie of net gewone hoender met klapper en koljander.
Felene Bouwer
Chicken bake. Seal the chicken on both sides in a pan and place in a baking dish. Fry onions and add on top of the chicken. Mix together 1 tin pea soup OR butternut soup, 1 tub cream, ½ bottle mayonnaise, 1 cup mozzarella, 1 cup cheddar.
Pour over chicken and bake 1 hour at 150°C or 30 minutes at 180°C, until chicken is soft and tender. You can add more soup to have more gravy. Serve with rice and peas or salad.
Lizelda Hope Mitchley
Sny in dik skywe, kap met ‘n vleishammer plat. Plaas ‘n vulsel met kaas op die hoender, rol op en plaas die rolle op ‘n bakplaat, smeer olyfolie oor en bak. Wanneer dit gaar is, rasper ‘n hopie kaas op die bakplaat en plaas die hoender bo-op die kaas vir ‘n paar sekondes, herhaal met die ander kant van die hoender ook.
Bianca Binxy Hayward
Kap dit plat en braai in olie met ‘n degie.
Zelda Ellis
Place the chicken in a pot, cover with spices, add water and boil until done. Shred the chicken. Brown a onion, mushrooms and green pepper in a pan, add milk and a packet Royco chicken-a-la-king sauce. Add the chicken and simmer. Serve on rice. Delicious.
Aqeelah Slamdien
I braise 3 onions in real butter until nice and soft. In a separate bowl I cube my chicken breast, add 4 teaspoons of tomato paste, fresh garlic and ginger and add butter chicken spice, mix well together and add to the onions in the pot. Let it simmer for 20 minutes, add fresh cream and danya (optional), simmer for a further 10 minutes. Serve with white rice, roti or naan bread.
Annatjie Kotze
Ek sny die hoenderstukke in dun repies, doop in geklitste eier, rol in krummels met speserye wat ek self maak, plaas die stukkies op koekrakkies in die yskas vir 20 minute, dat die krummels lekker vassit. Diep braai vir ‘n paar minute in warm olie. Plaas op kombuispapier en bedien saam met geurige rys of aartappel skyfies, in soetrissie doopsous. Heerlik verby, probeer dit gerus, jy sal dit weer maak.
Cjr Van Niekerk
Nadat ek die hoender vir 3 ure marineer het, doop ek dit in meel, dan in yswater en weer terug in die meel. Vorm dieselfde kors as “KFC” se hoender, nog net die speserye wat ek aan werk. O ja, en die rou stukkies in krummels, vries ook goed.
Esté Kaltwasser Fouché
As dit bors stukkies is, maak gevulde borsies.
Neeltje Viljoen
Sny die hoender oop soos ‘n koevertjie. Vul met pietersielie, kaas en uie. Rol spek rondom die hoender en steek vas met stokkies. Doop die rolle in eier en meel, braai vinnig in diepvet en bak in die oond vir ‘n paar minute. Heerlik sag en sappig.
Petro Tonkin
Bak in die oond met speserye tot lekker sag. Vlok die gaar hoender, kap ‘n groot pak swart sampoene fyn en meng met die hoender, voeg net genoeg mayonnaise by om te bind en voeg gerasperde kaas by. Plaas in ‘n oondbak, strooi paprika oor en bak. Heerlik met ‘n groenslaai.
Amelia Gous
Hoender-pizza, plat gekapte hoender is die “base”.
Clarise Van Niekerk
Sny ‘n stuk hoender oop en vul met kaas en spek en plaas Mozarella kaas bo-op. Draai die gevulde hoender toe in foelie, bak in die oond! YUM!
Martie Heinenmann
“Thai Green Curry” met “egg noodles”. Baie lekker!
Sindy Rossouw
Soos wat mens die bokse “mince mate” kry, kry jy ook een wat sê “biryani”. Dis super vinnig en baie lekker. Net hoender moet bygevoeg word.
Bianca Coetzee Vermeulen
Hoender pasta met ‘n pakkie “baked potato” by as sous.
Charmaine van Zyl
Hoenderschnitzel en gebruik dit vir hamburgers.
Ruth Scholtz
Slaan hoender bietjie plat met ‘n vleishammer. Braai sampioene en spek en meng met bietjie kaas. Plaas die gebraaide mengsel op die hoender. Rol die hoender met die vulsel toe en steek dit vas met ‘n tandestokkie. Braai die hoender tot gaar. Eet met slaai, aartappel skyfies of gemengde groente.
Gerda Pienaar
Kom ek sê jou wat lekker is. My familie is mal daaroor. Sny hoender in stukkies soos vir bredie. Ek gebruik gewoonlik die bors gedeelte, wat niks bene in het nie. Kook dit vir so 15 min. Braai uie, groen soetrissie, rooi peper en sampioene saam. Voeg een teelepel kerrie by. Braai verder tot die geure ontwikkel en voeg die hoender by. Braai dit saam totdat die hoender gaar is. Laat afkoel, giet die mayonnaise by die hoendermengsel. Voeg 1 blik geel perskes, opgesny, daarin. Bedien met broodrolletjies. Dis baie lekker, probeer dit.
Kobus Botha
Ek het gister middag vir ons hoenderborsies gerook. Dit word nou in die vrieskas gebêre om te gebruik soos verlang.
Jy strooi twee skeplepels vol eikehout saagsels in die bak van die roker. Giet spiritus onder in die bakkie van die roker. Plaas die hoenderborsies op die rooster, nadat jy dit met sout, growwe peper en hoenderspeserye besprinkel het en so ‘n halfuur laat intrek het. Maak die deksel van die roker dig toe en steek die spiritus onder in die bak aan die brand. Die hele proses het net ‘n kwartier geduur. Wanneer die spiritus uitgebrand is, laat dit vir so tien minute met die deksel toe, staan sodat die rook nog kan intrek. Maak die roker oop en haal jou gerookte borsies uit. Ons maak altyd vir ons hoenderslaai en ek giet dan “Spur se Pink sous” daaroor. Dit is hemels.
Foto: Kobus Botha