Your Recipe Blog

IDEES MET 2-MINUTE KITSNOEDELS

IDEES MET 2-MINUTE KITSNOEDELS

Lenie Van Heerden
Ek was vanaand lus vir ietsie anders, 2- minute kitsnoedels gaar gemaak, water af gegooi. Uie, tamatie en groenpeper gebraai in botter, noedels daarby gevoeg, speserye oor gestrooi en nog ’n bietjie gebraai. Dit was heerlik. (1 ui, 1 tamatie, halwe groenpeper)

Anneli Kotze
Voeg so ‘n bietjie sojasous en soet rissiesous by. Met bietjie gemengde groente. Braai dit deur. Hemels.

Marie van Huizen
Voeg ‘n blikkie tuna met ‘n bietjie mayonaisse saam met die noedels, dis heerlik verby.

Tish Van Jaarsveld
Ek braai weer uie en spek. Voeg dan roerbraai groente by en prut vir 5 minute. Voeg noedels by met hulle geursel en ‘n bietjie water. Lekker saam met soja sous.

Hantie van Zyl
Lekker met ‘n geroerde eier by.

Heila De Bruin
Partykeer braai ek tamatie, ui, ‘n halwe groenpeper en sampioene lekker saam. Voeg noedels by, meng en rasper kaas daaroor, ‘n heerlike dis.

Helen Olivier
As ek alleen gaan eet, kook ek lekker groot stukke gevriesde groente met sout en peper en as dit gaar is water ek dit af en voeg lekker botter of margarien in. Maak 1 pakkie hoender 2-minute noedels gaar  en meng die twee met mekaar. Heerlik.

Riana Viviers
Ek maak al sedert ons Wellington-jare so ‘n groooot pot kos met 2- minute noedels, maar dit kom heel laaste in.
Ek sal eendag my metode en foto plaas. Stoom basies 1 pakkie gerasperde wortels in wok, braai 2 pakke spek en voeg by. Kook ½ kop brokkoli (klein stukkies, voeg later die blomkool by), dreineer baie goed, voeg by wortels. Braai babamurgpampoentjies en sampioene in bavonpan, voeg by. Kook 5 pakkies 2-minute noedels in brokkoli water, dreineer goed en voeg by. Voeg noedelspeserye nou by, roer alles deur.  Jy “vervreet” jou, maar voel nooit oorvol.

Amanda Rose
Sny fyngekapte ham by en gerasperde kaas, bietjie fyngekapte pietersielie by. Ek en my man is mal daaroor.

Foto: Lenie Van Heerden

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page