IDEES HOE OM KAIINGS TE BRAAI
Uitgebraaide sagtevet of kaiings is natuurlik heerlik saam met mieliepap, vetkoek en tuisgebakte brood. Ek maak ook my krummelpap met kaiings. Hier is ‘n paar idees hoe om kaiings te braai.
Cliffie Pretorius
Plaas ‘n bietjie water in die pot, so ‘n ½ koppie of minder saam met jou gesnyde vet.
Ragel Padda
Voeg ‘n bietjie melk by en sout en roer deur. Laat dit op hoog kook totdat die melk wegkook, draai die plaat ‘n bietjie laer en braai stadig. Roer gereeld. Skep vet gereeld uit.
Louisa Hollenbach
Op die Boere manier: sny vet in klein blokkies, of maal dit. Jy kan ook die stert van die skaap kleiner sny en byvoeg. Skep in ‘n kastrol, ‘n plat swartpot of swaarboomkastrol. Sprinkel sout oor afhangende hoeveel vet jy uitbraai. Verhit lekker warm tot dit begin braai. Roer gereeld. Wanneer vet verskyn – dit lyk soos olie – skep dit uit in glasbottel. Gaan voort tot kaiings mooi bruin is. Jy moet die uitgebraaide vet uitskep, want dan is jou sagtevet mooi wit wanneer dit koud is. Braai die kaiings in die vet en jou sagtevet is geel.
Gebruik sagtevet om op jou brood te smeer in plaas van botter/margarien en om aartappelskyfies in te bak. Jy sal die verskil proe. Vee ook jou yster swartpotte en deksels met sagtevet (nadat jy dit gewas het in warm water en droog gemaak het) en vee die vet met uit tot die pot blink, en sit koerantpapier in. Gebruik net sagtevet van die rib, lies, stert en rug.
Gerhard Booysen
Hier is my kaiings resep wat ek doen in Ierland.
Ek vra my slagter vir skaaprib wat hy ontbeen, en maal dit vir my. Dan braai ek dit uit in ‘n pot/ysterpot wat ookal jy beskikbaar het, met ‘n knippie sout, roer daai maalvleis deurentyd, en skep die olie uit. Plaas in ‘n bottel, sommer ‘n leë konfyt glas een, wanneer dit afgekoel is kan jy dit in die yskas bêre. Jy kan dit ook op jou brood smeer en dan kan jy peper op sprinkel, swart gemaalde peper natuurlik. Jy kan ook eiers bak daarin asook broodpanne smeer.
Terry Smith
I cut the fat into cubes, place in a pot, pepper and salt and cover with water. As the water boils it releases the fat. The kaiings then start to brown and release more fat. Gradually allow to brown slowly, but not in lot of fat. Nice and crispy.
Hettie Saaiman
Sit net jou skaap stertjie klein gesny of watse vet ook al in ‘n pan. Medium hitte.
Bly roer sodra jy sien dit begin braai.
Skep gereeld die vet af in ‘n bakkie wat jy kan toe skroef.
Bere dievet vir later en kan dit op toast smeer en bietjie sout op sprinkel. Dis heerlik.
Dan so bly jy maar roer en vet afskep tot daai vet wat jy in blokkies gesny is lekker uitgebraai is.
Jy moet sout bo-oor sprinkel.
Lekker. Eet dit met toast. Yum.
Elizabeth Van Der Westhuizen
As jy lank wil bêre, geen sout.
Foto’s: Louisa Hollenbach