IDEE VIR GEVULDE EIERS
Wanneer die eiergeel nie lekker in die middel van die eier wil bly wanneer jy gevulde eiers wil maak nie, is hierdie ‘n uitstekende manier om die gevulde eiers pragtig te kry.
As jy klein muffin pannetjies het – skei eiergeel en wit.
Klop die witte net baie effe en plaas dan in die gespuite kolwyntjie pannetjie se holtes.
Doen dieselfte met die gele in aparte holtes.
Plaas dan die pannetjie in ‘n groter pan wat bietjie kookwater inhet, trek foelie oor en bak in voorverhitte oond op 180 ºC tot die wit gestol is.
Laat effens afkoel en haal versigtig uit die pannetjies.
Maak die gele fyn en meng met jou mayonnaise of wat jy ookal wil gebruik vir die vulsel.
Plaas die eiergeelmengsel in ‘n spuitsak en spuit op die plat eierwit basis.
Dit lyk absoluut stunning op ‘n bord uitgepak.
Resep en foto: Sarona Coetzee