HULI HAWAIIAN HOENDER IN DIE WEBER
- 1 heel hoender
- Pekel hoender vir 24 uur in die volgende mengsel in die yskas:
- 1 eetlepel growwe sout
- 1 koppie suurlemoen sap
- 1 eetlepel gemaalde swart peper
- swart peper korrels
- 2 lourier blare
- water, genoeg om hoender te bedek
- Droë mengsel vir volgende dag:
- 1 teelepel growwe sout
- 1 teelepel paprika
- ½ teelepel kumin
- ½ teelepel swart peper
- 2 teelepels knoffel poeier
- 1 teelepel oreganum
- 1 teelepel wit peper
- ½ pakkie bruin uie poeier
- ½ teelepel peri-peri poeier
Meng die bestanddele van die droëmengsel saam.
Haal die hoender uit die pekel en vryf die dit behoorlik in met die droëmengsel.
Laat staan vir ongeveer 1 uur.
Braai tot gaar in die Weber en geniet.
Nota:
Hou die hitte dop dat jou hoender net lekker braai en nie aanbrand nie 🙂
Resep en foto: Cecil Dunhin
Uitstekend