Your Recipe Blog

“HOTDOG” ROLLETJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 min | Servings: 8 rolletjies

“HOTDOG” ROLLETJIES

Resep en foto: Elaine Steyn

  • 680 ml koekmeel
  • 10 ml kitsgis
  • 2.5 ml sout
  • 250ml louwarm melk
  • 1 eier
  • 30 ml suiker
  • 45 ml gesmelte botter/bak margarien
  • ekstra gesmelte botter om oor te verf
  • Meng 620ml koekmeel, gis, sout en suiker saam. Voeg melk, eier en margarien by en meng liggies. Laat staan vir so 5 minute. Knie tot elasties terwyl jy die oorblywende 60 ml meel byvoeg.
  • Bedek bak met ‘n vadoek en laat rys op ‘n warm plek vir 30 minute.
  • Knie af en verdeel in 8 gelyke stukke. Rol elke stuk in ‘n balle en rol dan plat in langwerpige stroke. Rol op om rolletjie te vorm.
  • Pak op gesmeerde bakplaat. Bedek met ‘n vadoek en laat rys vir nog 30 minute.
  • Stel oond op 180°C so halfpad deur die tweede rysproses.
  • Sodra rys tyd verby is verf die rolletjies liggies met gesmelte botter.
  • Bak ±20 minute tot gaar en mooi bruin.
  • Nota:
  • Ek’t sommer nog bietjie gesmelte botter bo op geverf nadat ek hul uitgehaal het. Laat paar minute afkoel in pan.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page