Your Recipe Blog

HONGAARSE TERT – FRUMMELKONFYT TERTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 - 20 minute

HONGAARSE TERT – FRUMMELKONFYT TERTJIES

  • 100 g margarien
  • 75 ml suiker
  • 50 ml kookolie
  • 1 eier
  • 500 ml koekmeel
  • 8 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • appelkooskonfyt om oor te smeer

Room margarien en suiker.
Voeg olie by en klits goed.
Voeg eier by en klits tot gemeng.
Voeg gesifte, droë bestanddele by en werk goed deur.
Verdeel deeg in twee en druk en deel in gesmeerde rolkoekpan vas.
Plaas tweede deel van deeg in koelkas.
Smeer konfyt oor die deeg in die pan en rasper die koue deeg bo-oor.
Bak by 200°C vir 15 – 20 minute.

Foto:  Floraine Wasserman Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5