HONDE BESKUITJIES
Vandag die honde bederf met honde beskuitjies.
- 2 koppies bruin broodmeel
- 100 g uitgebraaide skaapvet
- 1 eier
- 1 sakkie beef stock poeier (2 min noodels)
- 1 teelepel heuning
- 2 eetlepels grondboontjiebotter
Meng alles saam tot deeg, rol uit en druk vorms uit of maak jou eie vorm.
Ons het balletjies gemaak en vasgedruk tussen vingers, ons honde eet aap drolle toe besluit ons dis die vorm wat hul soek.
Bak vir 15 min in 180°C oond.
Resep gemaak deur Carla Botha
Foto: Carla Botha