Your Recipe Blog

HOLLANDSE APPELTERT

HOLLANDSE APPELTERT

Resep by ‘n Hollandse vriendin gekry.

  • Deeg:
  • 300 g koekmeel
  • 200 g Stork Bake
  • 175 g strooisuiker
  • ½ teelepel sout
  • 10 ml Vanilla Man suiker (sien foto)
  • 1 eier, net los geklits om bo-oor te smeer
  • Krummels om in die uitgerolde deeg te gooi.   “Boksie “bread crumbs” wat jy by die winkel koop”

Meng deur met lepel om te meng, die margarien moet sag wees en knie dan met hande deur totdat deeg van hande afkom en lekker bal vorm. Sit die bal deeg dan in die yskas vir solank die appelmengsel gemeng word. 

  • Appelmengsel
  • Plaas in ‘n mengbak:
  • 2 groot blikke tertappels, gedreineer
  • 1 eetlepel suurlemoensap, bo-oor gestrooi
  • 4 eetlepels strooisuiker, bo-oor gestrooi en meng effens deur
  • ½ eetlepel kaneel,  bo-oor en meng weer deur
  • 1 ½ eetlepels vlapoeier, bo-oor gestrooi, meng goed.

Haal deeg uit yskas en rol uit, hou ‘n stukkie eenkant vir die repies bo-oor. Maak die sirkel in die springvorm en sny dan die stukke af en sit dit aan die kante van die pan en druk met hand om te pas en te heg.
Strooi nou die krummels oor die deeg.
Skep die appelmengsel in die deeg en maak gelyk. Rol die res van die deeg uit en sny repies en plaas bo-oor soos op die foto.
Smeer geklitste eier bo-oor repies. Bak in voorverhitte oond op 180°C vir 60 min.

Resep en foto:  Joyce Geers
Tweede foto en kommentaar: Wilna Dorfling
My weergawe van “Hollandse Appeltert”. Ek het deeg hoeveelhede gebruik soos in resep , maar vulsel net een blik appels gebruik aangesien ek ‘n kleiner tertpan het.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page