Your Recipe Blog

HOLLANDSE AARTAPPEL-MENGELGEREG

HOLLANDSE AARTAPPEL-MENGELGEREG

  • 5 – 6 medium grootte aartappels
  • sout en peper na smaak
  • 2 medium grootte gekapte uie
  • 50 g botter en ‘n klein bietjie olie
  • 250 g gekapte ontbytspek
  • 1 groen- en 1 rooi-soetrissies, gekap
  • Gouda (ek verkies Cheddar) kaas om bo-oor te strooi

Skil die aartappels en kook in soutwater tot dit net sag, maar nog ferm is. Sny die aartappels in skywe.
Braai die uie in die botter en olie tot dit deurskynend is.
Voeg die soetrissies en ontbytspek by en kook liggies verder vir 6 – 8 minute en voeg dan die gaar aartappelskywe by.
Geur met sout en peper en kook die mengsel oor lae hitte vir 5 minute. Roer dit 1 of 2 keer versigtig om nie die aartappels te breek nie.
Skep die mengsel versigtig in ‘n oondbak en strooi die kaas bo-oor.
Plaas onder die oond se warm rooster vir slegs ‘n paar minute tot die kaas verbruin.

Resep en foto: Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page