HOL VETKOEKE
Ek het ‘n resep gekry lank terug op facebook wat ek gebruik om ‘hol’ vetkoeke te maak. Dit werk elke keer en die vetkoeke is lekker hol. Uiteindelik het ek dit reggekry om hol vetkoeke te bak. Hier is vir jou die resep.
- 8 koppies koekmeel
- 1 pakkie kits suurdeeg
- 1 eetlepel sout
- bietjie suiker (30 ml)
- liter louwarm water
- olie, om mee af te knie
Knie alles saam. Deeg moet styf wees, anders absorbeer dit te veel olie tydens bakproses.
Smeer bietjie olie bo-oor. Maak toe met plastieksak.
Laat rys 30 minute.
Knie af.
Rol deeg uit tot so 2 cm dik.
Gebruik blikkie waarvan beide kante afgesny is, en druk uit.
(Dit maak dat die vetkoek hol is binne-in).
Druk vetkoek effens plat tussen jou hande en bak in warm olie.
Nota:
Ek gooi altyd eers ‘n klein stukkie deeg in die olie. As dit goudbruin is, weet ek die olie is warm genoeg.
Draai vetkoeke met ‘n tangetjie om, ander suig dit te veel olie op deur die vurk se gaatjies.
Dieselfde deeg gebruik ek vir pizzadeeg, brood (knie net 2 x af) en roosterkoek.
Vetkoek raad:
Ek het gevind om die deeg baie dun uit te rol, maak die vetkoek hol of ek het al my deeg gerol, dan sny met skerp mes blokke en bak. Whalla, hol vetkoek!
Om vetkoeke lekker hol te kry vir jou maalvleis, rol die deeg met ‘n koekroller so 2 cm en druk uit met drukker of glas dan pof hulle sommer so.
- Kleiner resep:
- 2 koppies koekmeel
- 3 ml suurdeeg
- 3 ml suiker
- 3 ml sout
- ± 1½ koppie lekker lou water
Ek sit die suurdeeg en suiker met ‘n half koppie lou water in die bak waarin jy meng.
Sodra suurdeeg lekker skuim, voeg die meel en sout by en knie tot ‘n lekker sagte hanteerbare deeg.
Laat rys tot amper dubbel groote. Rol die deeg in ‘n wors, stukke afgesny en maak bietjie platter met die hand.
Sit die deeg in die warm olie. Sodra deeg opkom skep van die warm olie oor die vetkoek met ‘n lepel tot die deeg oppof.
Bak die vetkoeke tor gaar en mooi bruin, moenie die olie te warm maak dat hulle te vinnig bruin word nie, dan is hulle binne rou. Skep uit met ‘n gaatjies lepel en plaas op kombuispapier.
Nota:
Ongeveer 12 vet koeke gekry. Hang net af hoe groot jy stukke sny.
Foto en vermindering van resep: Ben Herbst