Your Recipe Blog

HOENDERWORS MET FETAKAAS

HOENDERWORS MET FETAKAAS

Ek het die bul by horings gegryp en hoenderwors gemaak. Ek deel graag my resep.

  • 12 kg gemaalde hoenderborsies (sonder vel)
  • 20 teelepels sout
  • 5 teelepels gemaalde swartpeper
  • 2 eetlepels fyngekapte knoffel
  • 400 g gemaalde peppadews
  • 600 g Fetakaas, klein stukkies gesny
  • worsderms

Meng al die bestanddele goed deur.
Stop die wors volgens jou keuse.
Verpak soos verkies in pakkies en berg in die vrieskas.
Haal uit die vrieskas soos benodig en maak gaar.

Wenk:
Moenie die wors te lank braai nie, aangesien dit geen vet bevat nie sal dit baie droog wees indien oorgaar.

Resep en foto: Danie Irmelda Joubert

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5