HOENDERVLERKIES MET SPEK
Ek het vir gisteraand heerlike hoendervlerkies in spek gebraai en gaan dit beslis weer doen want dit was baie lekker. Dit voel soos jy eet slap custard met ‘n vurk jy kry nie genoeg nie.
- 6 hoendervlerkies
- Dijon mosterd
- sout en peper na smaak
- 6 repies spek
Ontbeen die hoendervlerkies.
Smeer die vlerkies met Dijon mosterd en geur met sout en peper.
Draai die vlerkies toe met ‘n repiespek en plaas vir omtrent ‘n uur in die vrieskas sodat die spek en hoender bymekaar bly vir makliker hantering. Moenie vries nie.
Braai stadig op redelike warm kole sodat die hoender deurgaar is en die spek lekker bros en krakerig is.
Resep en foto: Gideon Louw