HOENDERVELLETJIES KAINGS
Hierdie is ‘n klomp werk en tydsaam maar ek’t mos baie tyd want eks mos ‘n pensjinner.
- 1 kg hoendervelletjies
- asyn
- water
- 1 teelepel sout
- 50 ml bruinasyn
- 1 teelepel peper
Maak die velletjies baie skoon en verwyder al die haartjies.
Plaas in ‘n bak met ‘n deksel en laat dit oornag in die yskas staan in ‘n mengsel van bietjie water, asyn en sout.
Volgende dag.
Haal die velletjies uit die water en sny in mooi stukkies.
Braai oor medium hitte in ‘n platboom kastrol ± 1 uur lank.
Roer van tyd tot tyd.
Giet die meeste van die vet af en hou eenkant.
Voeg die bruinasyn en peper by die kaiings in die pot en roer goed deur.
Braai verder tot mooi goudbruin.
Skep die kaings af en dreineer op handdoek papier.
Nota:
Dit is heerlik en gaan baie goed saam met mieliepap.
Resep en foto: Gideon Louw