Your Recipe Blog

HOENDERTIETIES

HOENDERTIETIES

Ek het gisteraand vir ‘n bygereg hierdie heerlike hoendertieties in my rooi pannetjie gemaak op die kole.

  • 2 hoenderborsies, in klein stukkies gesny
  • 3 eetlepels gekerfde groen soetrissie
  • 100 g gerasperde Mozzarella kaas
  • 3 eetlepels gekerfde ui
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel gemaalde swartpeper
  • 1 koppie broodmeel
  • 1 eetlepel Italiaanse kruie
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 3 eiers, effe geklits

Meng al die bestanddele saam in ‘n mengbak.
Plaas ‘n klein bietjie olyfolie in jou rooi pannetjie en verhit.
Skep eetlepels vol in die pan, druk effens plat en bak in die warm olie vir ‘n paar minute aan beide kante tot mooi goudbruin.
Geniet hierdie heerlikheid met ‘n sprinkle suurlemoensap (opsioneel).

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page