Your Recipe Blog

HOENDERSULT

HOENDERSULT

Dieselfde gepluisde hoendervleis kan ook in sult omgetower word. Al is die versoeking hoe groot, moenie die sult dadelik eet nie. Na ‘n dag in die yskas smaak dit prima!

  • 1 mediumgrootte hoender, gekook en ontbeen
  • 250 – 300 ml hoenderaftreksel (van die gekookte hoender)
  • 2 mediumgrootte uie
  • kookolie om in te braai
  • 10 ml kerriepoeier
  • 1 wortel, fyn gerasper
  • 25 ml gelatien
  • 30 ml kookwater
  • 20 ml appelkooskonfyt
  • 20 ml asyn
  • sout en peper na smaak

Braai ui in kookolie tot sag en deurskynend.
Voeg kerriepoeier en wortel by. Verwyder vet van hoenderaftreksel en voeg die vloeistof by.
Prut vir nie langer as tien minute nie. Los gelatien in kookwater op en voeg dit by.
Meng appelkooskonfyt met asyn, voeg by die kerriemengsel en kook 10 minute.
Roer af en toe.
Voeg nou die vleis by kerriesous en kook tot deurwarm.
Roer, proe en voeg nog asyn by indien nodig.
Geur met sout en peper.
Indien nodig, kan meer sous by mengsel gevoeg word.
Skep hoendermengsel in ‘n geskikte broodpannetjie of vorm en bedek met kleefplastiek.
Plaas in yskas om te stol.
Sit voor met varsgebakte brood en slaai.

Resep: Cathy Joubert
Foto:  Martie Du Plessis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page