HOENDERSTOWEGEREG
- 50 ml botter of margarien
- 1 ui, opgekap
- 1 knoffelhuisie, opgekap
- 500 g hoenderborsies, in repe of blokkies gesny
- ½ groen soetrissie, in blokkies gesny
- 250 g (1 pakkie) knopie sampioene
- 80 ml wit wyn
- 250 ml hoenderaftrekstel
- 250 ml suurroom
- 30 ml tamatiepuree
- 5 ml Worcestersous
- 10 ml mosterd
- 10 ml suurlemoensap
- handvol vars pietersielie, fyn gekap
- 15 ml suiker
- 15 ml koekmeel
- sout en peper na smaak
Verhit die botter en braai hoender net tot bruin en haal uit. Dit moet nog nie gaar wees nie.
Sorteer die ui in botter tot sag. (Sit nog bietjie botter by as dit te min is).
Voeg die knoffel, groen soetrissie en sampioene ook by en sorteer tot sag.
Voeg die wyn, aftreksel, suurroom, tamatiepuree, Worcestersous, mosterd, suurlemoensap en suiker by.
Verlaag die hitte en prut ongeveer 3 min lank. Voeg die hoender by.
Maak die koekmeel met bietjie melk aan en roer by.
Voeg ook die pietersielie by en meng deur.
Laat opkook (nie te lank nie). Geur met sout en peper.
Bedien saam met pasta, rys of bykos van jou keuse.
Nota:
Ek het sommer die pasta deur die hoendergereg gemeng en bedien.
Resep en foto: Amanda Austen