HOENDERSOSATIES
- 7 – 8 ontbeende hoenderdye, in 3 cm stukke gesny
- sosatiestokkies, in water geweek
- Sosatiesous:
- 1 groot ui, opgekap
- ½ koppie asyn
- ½ koppie water
- ½ koppie suiker
- 1 teelepel sout
- 3 eetlepels appelkooskonfyt
- 3 eetlepels blatjang
- 3 teelepels kerriepoeier
- 2 teelepels borrie
Vir die sous, meng al die bestanddele saam en kook in ‘n pot op ‘n matige hitte vir 5 min en laat heeltemal afkoel.
Ryg die vleis op die stokkie (een hoenderdy maak gewoonlik een sosatie, afhangende van die grote). Pak die sosaties in ‘n bak dat hulle plat kan lê.
Giet die afgekoelde sous bo-oor die sosaties en laat marineer in die yskas vir ‘n paar uur.
Draai dit af en toe om om seker te maak dit marineer goed.
Braai op matige kole tot gaar.
Resep en foto: Japie Jacobs