HOENDERSOSATIES MET DROë APPELKOSE
- 500 g hoender fillette
- 30 droë appelkose
- 3 eetlepels witasyn
- 2 eetlepels olie
- 1 teelepel bruinsuiker
- ½ teelepel komyn
- ½ teelepel koriander
- 1 teelepel kerriepoeier
- 2 – 3 eetlepels warm blatjang
Week jou sosatiestokkies vir minstens 1 uur in ‘n bak water. Dit gaan voorkom dat hulle brand op die kole.
Sny jou hoender in blokkies.
Ryg die sosaties deur met die hoender te begin, gevolg deur die appelkose tot hy vol is. Min of meer 4 hoenderstukkies en 3 appelkose.
Meng die res van die bestanddele en lê die sosaties in die marinade vir tenminste 1 – 2 ure.
Smeer die res van die marinade oor die sosaties terwyl jy dit braai.
Geniet!
Resep en foto: Corlia van Niekerk