Your Recipe Blog

HOENDERSCHNITZEL MET VARS TAMATIESMOOR

HOENDERSCHNITZEL MET VARS TAMATIESMOOR

“Hierdie resep is net so lekker met visfillette. Voeg net halwe suurlemoen se sap by tamatie. Njammies!”

  • hoenderborsies, porsies na gelang van gaste
  • sout, Aromat, peper en paprika, alles na smaak
  • koekmeel, om hoender in te doop
  • eier, geklits
  • krummels, om hoender in te doop
  • olie, vir braai
  • Vars tamatiesmoor:
  • 2 tamaties, in blokkies gesny
  • botter/kunsbotter, vir braai
  • Aromat en peper, na smaak
  • 1 teelepel suiker

Sny hoenderborsies lengtegewys amper deur en vou oop. Plaas in plastieksak of kleefplastiek en slaan met koekroller plat. Geur met sout, Aromat, peper en paprika.
Doop in meel, dan geklitste eier en dan in krummels. Druk lekker vas en plaas een uur in ys- of vrieskas sodat eiers die krummels kan vasgom.
Braai in vlak olie oor medium hitte tot goudbruin aan beide kante.

Vars tamatiesmoor:
Sny tamaties in blokkies en braai in botter. Voeg Aromat, peper en suiker by tot gekarameliseer (sowat drie minute).

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5