HOENDERSAMOSAPASTEI
- 15 ml olie
- 1 ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 500 g lams maalvleis of 2 koppies gaar hoender of gaar kerrie hoender
- 2 eetlepels kerriepoeier
- 1 eetlepel borrie
- 1 medium gerasperde oranje patat
- 1 medium gerasperde wortel
- 100 ml kookwater
- 3 eetlepels blatjang
- 200 ml gevriesde ertjies
- 2 eetlepels gekapte koljander, opsioneel
- sout en peper, na smaak
- 3 velle filodeeg, gehalveer
- 2 eetlepels botter, gesmelt
- 1 eetlepels sesame seeds (wit of swart)
Braai ui en knoffel in olie tot sag. Voeg vleis, kerriepoeier en borrie by, en braai 5 – 7 minute.
Voeg patat, wortel en kookwater by en prut totdat amper al die vloeistof verdamp het.
Roer blatjang, ertjies, koljander, sout en peper deur. Skep in ‘n gesmeerde oondbak.
Verf filodeeg velle een-een met botter, frommel op en plaas bo-op die vleismengsel.
Sprinkel sesame saad bo-oor en bak 15 – 20 minute by 190º C tot goudbruin.
Foto en resep: Ilze Jacobs