Your Recipe Blog

HOENDERROL MET KAAS, SAMPIOENE EN SPEK

HOENDERROL MET KAAS, SAMPIOENE EN SPEK

  • 500 g hoender maalvleis
  • sout en peper na smaak
  • 1 fyn gekapte ui
  • 1 eier
  • 150 g sampioen skyfies
  • 100 g ontbytspek stukkies
  • 1 koppie broodkrummels, ek het ‘n ¾ koppie hawermout gebruik
  • 1 koppie Cheddar kaas
  • 1 teelepel oreganum
  • 1 eetlepel botter of margarien

Meng vleis, sout, peper, ui, oreganum, broodkrummels en geklitste eier.
Smeer ‘n laag van ongeveer 2 cm dik van die vleismengsel op ‘n vel waspapier.
Braai die sampioene en spek in die botter tot net gaar en skep die mengsel op die vleis.
Strooi die kaas bo-oor en rol dit met behulp van die waspapier op soos ‘n rolkoek.
Druk die kante goed vas, verwyder die waspapier en plaas die rol in ‘n bakskottel of broodpannetjie.
Plaas in die vrieskas terwyl die oond warm gemaak word.   Bak by 180°C vir ongeveer ‘n uur.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page