Your Recipe Blog

HOENDERPOT MET ORANJE PATATS

HOENDERPOT MET ORANJE PATATS

  • 8 hoender porsies
  • 1 groot ui, gekerf
  • 2 groot knoffel toontjies, gekap
  • 3 aartappels, in 3 gesny
  • 1 groot jewel patat, opgesny in groot blokke
  • 1.5 koppies vars groenboontjies, grof gekerf
  • 1 koppie klein worteltjies
  • 1 koppie gevriesde ertjies
  • ½ bakkie sampioene
  • 1 pakkie sampioene soppoeier
  • 2 eetlepels “roasted tomato & basil soup with Moringa” poeier
  • vars kruie bv, basil en pietersielie, roosmaryn en chives
  • speserye en sout na smaak

Braai die uie en knoffel in bietjie olyfolie in ‘n platboom swartpot op lekker warm kole. Wanneer die uie begin verkleur, plaas die hoenderstukke, velkant onder toe op die uie en braai tot die velletjie ‘n mooi kleur het. Sprinkel met speserye en bietjie sout, nie te veel nie, die soppoeier is ook sout.
Draai die vleis met die velletjies nou bo. Nou roer ons nie weer die pot nie.
Sit die aartappels, patat, boontjies en wortels by. Plaas die vars kruie in die pot saam met so bietjie water, net genoeg dat die kos nie sal aanbrand nie en laat prut op medium hitte met die deksel op. Sodra die aartappels sag is, sit die sampioene en ertjies by. Meng die soppoeiers met ongeveer 1.5 – 2 koppies water, hang af hoeveel sous is nog in die pot, giet oor die kos in die pot en laat stadig prut tot die sous goed deur gekook het en lekker dik is.
Haal die pot van die vuur af en laat staan so 20 minute vir die kos om effens af te koel en die geure lekker kan trou.

Bedien met basmatie rys en vars beetslaai.
Lekker eet!!

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page