HOENDERPOFFERTJIES
- 450 g hoenderborsies, opgesny in blokkies
- 4 eiers
- 1.5 teelepel sout
- ½ teelepel peper
- 1 teelepel kerriepoeier
- ½ teelepel paprika
- 1 teelepel fyn knoffel
- 1 teelepel pietersielie
- 1 eetlepel Steers pregosous
- 1.5 eetlepels kookolie
- 2 eetlepels koekmeel
- 6 eetlepels mieliemeel
- 1 teelepel bakpoeier
- olie, vir vlak braai
Meng eiers, kruie en speserye saam. Voeg diePregosous en olie by en meng deur. Voeg hoender blokkies by. Roer mooi deur. Sif die koekmeel, mieliemeel en bakpoeier saam en voeg die hoendermengsel, meng goed deur.
Verhit olie tot medium hitte in ‘n pan en skep eetlepels vol van die deegmengsel in die warm olie.
Draai gereeld om tot mooi bruin en deur gaar. Olie moenie te warm wees nie, dan gaan dit binne rou bly.
Skep uit op kombuispapier om die ergste olie te dreineer.
Bedien met gestoomde groente en geniet.
Resep en foto: Chantal Fourie