Your Recipe Blog

HOENDERPASTEITJIES

HOENDERPASTEITJIES

Vanaand se ete was hoenderpasteitjies en was baie lekker.
Ons het die oorskiet van plat hoender wat gebraai was op die kole gebruik.

  • gesnipperde koue hoendervleis
  • 2 eetlepels hoendersoppoeier
  • 150 ml room
  • 2 rolle skilferkors deeg
  • meel vir uitrol van deeg
  • geklitste eier vir oor smeer

Snipper die gaar vleis en voeg die soppoeier by. Meng die room by die vleismengsel.
Rol die deeg uit op meelbestrooide oppervlak en sny dit in 12 ewe groot blokkies.
Plaas ‘n skeppie vleismengsel op elke blokkie deeg en smeer die rante met geklitste eier.
Deel die 2de rol deeg ook op in 12 blokkies. Plaas ‘n blokkie deeg bo-op elke blokkie met vulsel en druk die rante vas met ‘n vurk.  Druk ‘n gaaitjie in die boonste deeg met ‘n skerpunt mes.
Plaas die pasteitjies op gespuite foelie in ‘n bakplaat.
Bak vir 30 minute op 180 ºC in ‘n voorverhitte oond.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page