HOENDERPASTEITJIES OP DIE VUUR
Bederf jouself met ‘n hoender en sampioen pasteitjie wat gemaak is in klein rooi bekertjies in die varkie oond.
- Vulsel:
- reeds gaar gevlokte hoender
- 1 klein gekerfde ui
- ⅓ koppie sampioen soppoeier, gemeng met ½ koppie water
- 2 eetlepels blatjang, opsioneel
- Deeg:
- 500 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 1 eetlepel witsuiker
- 2 ml sout
- ½ koppie gerasperde Chedder kaas
- 125 ml sonneblom olie
- 125 ml melk
Hoender vulsel:
Voeg hoender, gesnipperde sampioene, sout en peper, gekerfde ui met gemengde sampioen soppoeier saam.
Deeg:
Sif die droë bestanddele saam.
Voeg kaas by.
Voeg olie en melk by en knie liggies tot dit ‘n deeg vorm.
Voer klein blikbekertjies uit met die deeg onder en die kante.
Skep die vulsel in die bekertjie wat uitgevoer is met die deeg en plaas ‘n ronde deeg dekseltjie bo-op en druk mooi vas.
Maak ‘n gaaitjie in die dekseltjie vir die stoom om te kan ontsnap.
Bak in jou varkie oond op 180 ºC vir ongeveer 45 minute tot die deeg mooi gaar en bruin is.
Foto en resep: Gideon Louw