HOENDERPASTEI / PASTEITJIES
Hierdie hoenderpastei kan jul ook ‘n braaipie maak.
Fyn gekookte hoender, geur na smaak. Ek gebruik filette dit is baie makliker en vinniger.
Wanneer die hoender gaar is, maak ek dit sommer met my elkektriese klitser fyn! Hoeveelheid hang af van wat jy voorberei.
- 6 – 8 hoender filette
- 1 pakkie sampioene, opgekap
- 1 ui, opgekap
- 1 pakkie hoender soppoeier aangemaak met 300 ml water of room (ek verkies room)
- 1 blikkie gemengde groente
- 2 rolle skilferkorsdeeg
- geklitste eiergeel, vir oor verf
Kook die hoender tot gaar en sag. Sny die hoender in fyn stukke en voeg die blikkie gemengde groente by. Roer die sopmengsel in, roer goed deur en laat prut tot effe verdik.
Laat die vulsel heeltemal afkoel.
Rol die skilferkorsdeeg uit en sny in dele vir hand pasteie. ‘n Mens kan ook een groot pastei maak; voer ‘n oondvaste bak uit met deeg.
Skep die hoendermengsel in die kors, bedek met ‘n boonste laag deeg. Steek paar gatjies bo-op in die deeg vir die stoom om te ontsnap Verf met geklitste eiergeel.
Of in die geval van die hand pasteitjies, skep vulsel op die een helfte, vou toe en seël die randte.
Dit sal ongeveer 14 pasteitjies maak hang af van hoe groot mens dit maak.
Smeer met geklitste eiergeel.
Bak teen 180 ºC vir 25 minute tot goudbruin.
Bon apetite!
Jy kan dit vries ook, werk lekker.
Resep en foto: Zörana Geldenhuys