HOENDERPASTEI MET SKILFERKORSDEEG
- 2 rolle skilferkors deeg
- 1 heel gaar hoender, gevlok
- 1 groot ui, gekerf
- 1 pakkie sampioene, gekerf
- 1 groen soetrissie, fyn opgesny
- 1 pakkie Knorr sampioensop poeier
- 1 pakkie Royco se hoender en sampioen “cook-in-sauce”
- 125 ml room
- eier en bietjie melk gemeng, om oor deeg kors te verf
- sout en grofgemaalde peper, na smaak
Braai uie, sampioene en groen soetrissie.
Vlok die hoendervleis, roer die hoendervleis in by die uie, sampioene en groen soetrissie en braai vir so 5 minute saam.
Strooi pakkie Knorr Sampioensop en Royco se hoender en sampioen “Cook-in-sauce” oor die hoender en meng deeglik.
Geur met sout en grofgemaalde peper na smaak.
Voeg room by, meng deur en kook deur, kook tot meeste van die vloeistof weg is.
Laat die hoencermengsel redelik afkoel.
Voor verhit die oond tot 180ºC.
Voer voorbereide tertbak uit met die 1 rol deeg, die kante ook.
Skep hoendermengsel op die blaardeeg in die bak.
Sit die 2de rol deeg bo-op vulsel, seël die kante goed, versier soos verkies.
Verf die eiermengsel bo-op die deeg kors.
Bak tot goud bruin plus minus 50 minute.
Nota:
Ek verkies ‘n laer hitte, so begin met 180°C en stel hoër indien nodig.
Resepe en foto: Heleen Brummel Nel