Your Recipe Blog

HOENDERPASTEI MET MAKLIKE KORS

Cook: 35 - 40 min.

HOENDERPASTEI MET MAKLIKE KORS

  • Vulsel:
  • 6 hoenderfillette, in blokkies gesny
  • 500 g sampioene, opgekerf
  • 2 wortels, gerasper
  • 1 prei, opgekerf
  • 1 seldery, opgekerf
  • handjevol seldery blare, opgekerf
  • 250 g spek stukkies
  • 1 groot ui, gekerf
  • 400 ml melk
  • 100 ml room
  • 1 eetlepel knoffel
  • 1 eetlepel heelkorrelmosterd
  • ½ teelepel origanum
  • 20 ml whiskey
  • 1 pakkie Knorr hoender en sampioene soppoeier
  • Kors beslag:
  • 2 koppies koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • 250 ml olie
  • 250 ml melk
  • 2 eiers

Braai sampioene in bietjie botter tot meeste vloeistof verdamp het.
Geur met bietjie sout.
Voeg whiskey by en flambe.
Sodra die alkohol weg gekook is, voeg die ui, prei, seldery en wortels by.
Meng en braai vir so 2 – 3 minute op medium hitte.
Skep die sampioenmengsel uit, braai nou die spek stukkies tot gaar.
Voeg hoenderstukkies by en braai deur.
Voeg res van die bestanddele ook by.
Strooi Knorr poeier oor mengsel en roer deur.
Gooi melk by, roer en prut vir sowat 5 minute.
Voeg room en mosterdkorrels by.
Roer deur en laat die mengsel bietjie afkoel.

Vir die kors beslag:
Sif  koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Klits melk, olie en eiers saam.
Voeg meelmengsel by en klits goed tot dit gemeng is.
Skep die vulsel is ‘n voorbereide oondbak of klein glasbakkies.
Skep beslag bo-op sodat vulsel heeltemal bedek is.
Bak dit teen 190ºC, vir ongeveer 35 – 40 minute.
Bedien dit met ‘n lekker vars groenslaai.

Foto en resep:  Charleen Nieuwenhuizen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page