HOENDERPASTEI MET GEMENGDE GROENTE
- 1 heel hoender
- 2 uie
- 3 koppies gevriesde gemengde groente
- 1 teelepel hoenderspeserye
- 1 teelepel knoffel
- 1 teelepel tiemie
- 1 teelepel droë pietersielie
- sout en peper na smaak
- Sous vir pastei vulsel:
- 1 liter aftreksel waarin hoender gekook het
- 1 knorr chicken stock pot
- 30 ml mayonnaise
- 30 ml blatjang
- 1 pakkie wit uiesoppoeier
- 1 rol skilferkors deeg
Sny hoender in porsies (vel en been ) plaas in pot en bedek met water, voeg al die geurmiddels by.
Kook tot gaar/sag.
Haal hoender uit en bewerk dat jy net die vleisies het, hou dit eenkant asook die sous van die hoender.
Braai sommer in selfde pot wat jy hoender gekook het die 2 uie en groente ( groente sal ondooi en kleur kry) MOET NIE WATER BY GOOI NIE!
Voeg die bewerkte hoender by die groente en braai paar minute.
Meng al die sous bestanddele en voeg by hoendermengsel, kook dit nou tot sous bietjie afkook en dikker word.
Skep die mengsel in oondvaste pan en bedek met skilferkors deeg (jy kan hom uitrol om te pas maar nie te veel)
Bak op 180°C vir 40 min (kors gaar en ligbruin).
Bedien met slaai of soos ek, pampoen en beetslaai.
Geniet dit!
Resep en foto: Leandre Kotze