HOENDERNOEDELSOP
- 1 groot ui, fyn gekerf
- ½ soetrissie (greenpeper), fyn gekerf
- ½ pak vars sampioene, gesny
- 1 eetlepel knoffel
- 2 tot 3 groot hoender borsies
- 2 blokkies hoenderaftreksel
- 1 blik heel pitmielies
- 1 handvol spaghetti, in klein stukkies gebreek
- 1 aartappel, gerasper
- 1 wortel, gerasper
- 1.5 liter water
- 400 ml vars melk
- 1 pakkie chicken a la king OF hoenderroomsoppoeier
- peper na smaak
Braai ui, knoffel, sampioene en soetrissie in bietjie olyfolie tot sag. Voeg mielies sonder die water daarby.
Voeg 1 liter water in ‘n potjie saam met die hoender en aftreksel en kook tot die hoender sag is.
Verwyder die hoender uit die water en sit die aartappel, spaghetti en wortel in die water.
Kook dit goed deur.
Verwyder al die beentjies uit die hoender en plaas dit terug in die water mengsel.
Prut die sop stadig tot alles deurgekook is.
Verhit die melk effens, voeg die verdikkingsmiddel by. Roer die melkmengsel in die sopmengsel in, voeg peper na smaak by en kook goed deur.
Resep en foto: Ronell Visser Gouws