HOENDERNOEDELSOP
Resep en foto: Ronell Visser Gouws
- 1 groot ui, fyn gekerf
- ½ soetrissie (greenpeper), fyn gekerf
- ½ pak vars sampioene, gesny
- 1 eetlepel knoffel
- 2 tot 3 groot hoender borsies
- 2 blokkies hoenderaftreksel
- 1 blik heel pitmielies
- 1 handvol spaghetti, in klein stukkies gebreek
- 1 aartappel, gerasper
- 1 wortel, gerasper
- 1.5 liter water
- 400 ml vars melk
- 1 pakkie chicken a la king OF hoenderroomsoppoeier
- peper na smaak
- Braai ui, knoffel, sampioene en soetrissie in bietjie olyfolie tot sag. Voeg mielies sonder die water daarby.
- Voeg 1 liter water in ‘n potjie saam met die hoender en aftreksel en kook tot die hoender sag is.
- Verwyder die hoender uit die water en sit die aartappel, spaghetti en wortel in die water.
- Kook dit goed deur.
- Verwyder al die beentjies uit die hoender en plaas dit terug in die water mengsel.
- Prut die sop stadig tot alles deurgekook is.
- Verhit die melk effens, voeg die verdikkingsmiddel by. Roer die melkmengsel in die sopmengsel in, voeg peper na smaak by en kook goed deur.
Category:












