Your Recipe Blog

HOENDERMAGIE SOSATIES

Avatar photo
Recipe by
Oornag
Cook: 90 minute + braai tyd

HOENDERMAGIE SOSATIES

Ek het nou weer op dié brain wave gekom om vir ons sosaties te maak van hoendermagies.
Ek wetie hoe dit gaan smaak nie maar ek gaat hulle vanaand orie kole trek en traai

  • 500 g hoendermagies, skoongemaak
  • 125 ml asyn

Plaas die magies in ‘n bak met omtrent een liter water in sodat alles bedek is en gooi die asyn oor en meng met water. Laat staan oornag in die yskas. Kook die magies in ‘n kastrol tot sag vir omtrent 90 minute.
Gooi die water af en kook die volgende saam:

  • 500 g gekookte hoendermagies
  • ½ teelepel Italiaanse speserye
  • ½ teelepel gemaalde swart peper
  • 1 ui fyn, gekerf
  • 1 desertlepel gemengde nat knoffel en rissies
  • 1 eetlepel balsamiese asyn
  • Vir die sosaties:
  • stukkies ui
  • stukkies sampioene
  • stukkies soetrissie
  • sosatiestokkies, wat in water geweek is

As dit klaar gekook is, strooi ‘n teelepel sout oor en meng dit in.
Sonder water. Laat die magies goed afkoel.
Ryg die stukkies maag saam met stukkies ui, stukkies sampioene en stukkies soetrissie om die beurt op ‘n sosatie stokkie.
Plaas in die yskas totdat gebraai gaan word.

Nota:
Ek gaan dit later vanaand oppie kole braai om ‘n lekker braai kleur en geur te gee.
Hoop dit gaan lekker smaak, ek sal terugvoering gee.

Resep en foto: Gideon Louw

Nog idees:
Lorett Brittnell  – Ek kook myne ook vooraf sag met sout en bietjie speserye. Meng dit dan met Jimmy’s sous en ryg op nat sosatiestokke saam met uie, soetrissies en pynappelblokkies voor dit kole toe gaan. Almal is mal daaroor.
Lochner de Kock –  Verf hulle heeltyd met suurlemoensap, knoffel, olyfolie en ‘n bietjie Tabasco. ♥️😎
Michelle Wolmarans  – Mmmm…add a cherry and some bacon and you have a winner.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page