HOENDERMAGIE ROOMPOTJIE
Ekt gisteraand hierdie heeerlik hoendermagie potjie gemaak en dit het alle lekkertes oortref.
- 2 x 1 kg pakkies skoongemaakte hoendermagies
- 1 rooi soetrissie, in stukkies gesny
- ½ groen soetrissie, in stukkies gesny
- 2 medium groot uie, gekerf
- 1 teelepel knoffelvlokkies
- 1 teelepel hoogvol sout
- 1 teelepel rissievlokkies
- ⅓ pakkie sampioensoppoeier
- 250 ml room
Kook die magies in water vir omtrent vir 3.5 ure tot sag. Begin met genoeg water en soos dit wegkook, vul net aan dat daar altyd darem ‘n sousie is. Na hierdie tyd is daar ‘n heerlike dik sous in die pot saam met die magies.
Voeg die uie en soetrissies by, asook al die speserye.
Meng die soppoeier met die room en voeg by die magies en prut vir nog ongeveer 1 uur plus.
Garneer met ‘n bietjie grasuie wat grof geknip is.
Ons het dit saam met “smash” geniet en was djeeeeerlik.
Resep en foto: Gideon Louw