Your Recipe Blog

HOENDERMAALVLEIS KERRIE EN RYS

HOENDERMAALVLEIS KERRIE EN RYS

Resep en foto: Christelle van Rooyen·

  • 500 g hoendermaalvleis
  • ±1 koppie water
  • 1 medium ui
  • 1 medium rooi soetrissie (green pepper wat verkleur het)
  • 250 g vars groenboontjies
  • 2 eetlepels Rajah kerriepoeier
  • 15 m asyn
  • 1 teelepel borrie
  • 2 eetlepels bruinsuiker
  • sout en peper na smaak
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies
  • 2 eetlepels maizena (opsioneel)
  • Kook die maalvleis met ±1 koppie water oor medium hitte.
  • Kerf die groente fyn en voeg by die maalvleis.
  • Meng die speserye en res van die bestanddele saam en voeg by die maalvleis, meng goed deur en laat kook ‘n rukkie tot die groente sag is.
    Proe maar na gelang van die tipe asyn of kerrie wat jy gebruik, of daar nog bietjie suiker of kerrie kort.
  • Ek het nie my mengsel met maizena verdik nie, die sous het redelik weggekook. Indien jy meer sous verlang, voeg dan nog so 1 koppie water by en laat deur kook. Maak 2 eetlepels maizena aan met koue water en voeg by en kook deur om te verdik.
  • Bedien oor rys. Kool is ook heerlik saam met die kerrie, as alternatief vir rys.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page