HOENDERMAALVLEIS EN ROOIKOOL “TACO’S”
- 500 g grof gemaalde hoendermaalvleis
- 1 teelepel droë roosmaryn
- 6 gekleurde baba soetrissies, opgekerf
- 1 medium ui, opgekerf
- 2 ferm medium tamaties, opgekerf
- 1 pak spriet uie, opgekerf
- 1 blikkie Rhodes heelpit mielies in water, gedreineer
- 2 eetlepels gedroogde knoffelvlokkies
- 3 eetlepels suurlemoensap
- sout en peper na smaak
- 0,5 teelepel fyn naeltjies
- 0,25 teelepel fyn nutmeg
- 0,25 teelepel fyn gemmer
- 1 koppie grof gerasperde Cheddar kaas
- 5 ferm rooikoolblare
Stoom (of braai in so 2 eetlepels olie as jy verkies) alles behalwe die mielies, kaas en koolblare tot gaar in ‘n pan.
Voeg dan die mielies by en meng deur tot warm.
Ek het eers die hoender en droë roosmaryn ‘ n rukkie gebraai in hul eie vog (wil olie vermy) , daarna die res bygegooi.
Die sap van die groente en suurlemoensap is voldoende om alles in gaar te maak. Roer gereeld dat dit nie brand nie.

Strooi bietjie kaas onder in elke koolblaar, skep dan lepels vol maalvleismengsel in die koolblare, dan weer bietjie kaas bo-oor. Bedien dadelik.
Resep en foto’s: Christelle van Rooyen