Your Recipe Blog

HOENDERMAALVLEIS EN KORINGGEREG

HOENDERMAALVLEIS EN KORINGGEREG

Voorverhit jou oond tot 180ºC.
  • Hoendermaalvleis vulsel:
  • 500 g grof gemaalde hoendermaalvleis
  • 1 teelepel droë roosmaryn
  • 6 gekleurde baba soetrissies, opgekerf
  • 1 medium ui, opgekerf
  • 2  ferm medium tamaties, opgekerf
  • 1  pak grasuie, opgekerf
  • 1 blikkie Rhodes pitmielies in water, gedreineer
  • 2 eetlepels gedroogde knoffelvlokkies
  • 3 eetlepels suurlemoensap
  • sout en peper na smaak
  • 0,5 teelepel fyn naeltjies
  • 0,25 teelepel fyn neutmuskaat
  • 0,25 teelepel fyn gemmer
  • Res van koringgereg:
  • 1 koppie koring, gekook tot gaar
  • 2  pakkies Imana Cheddar kaassous
  • 2 koppies grof gerasperde Cheddar kaas

Hoendervulsel metode:
Stoom (of braai in so 2 eetlepels olie as jy verkies) alles behalwe die mielies en kaas  tot gaar in ‘n pan.
Voeg dan die mielies by en meng deur tot warm.
Ek het eers die hoender en droë roosmaryn ‘n rukkie gebraai in hul eie vog (wil olie vermy), toe die res bygevoeg.
Die sap van die groente en suurlemoensap is voldoende om alles in gaar te maak. Roer gereeld dat dit nie brand nie.

Koringgereg:
Kook die koring tot sag en gaar en daar bietjie water oorbly in die kastrol.
Voeg die 2 pakkies kaassouspoeiers by en meng goed deur.
Sprei ‘n medium vierkantige glasbak met veeldoelige sproei.
Skep’ n laag koringmengsel onder in die bak en maak gelyk.
Strooi kaas oor, dan ‘n laag hoendermaalvleis, dan weer die oorblywende koringmengsel en laastens nog Cheddarkaas bo-oor.
Bak in die voorverhitte oond tot die kaas gesmelt is en goudbruin vertoon.

Nota:
Laat die gereg ‘n paar minute staan voor opdiening, dan skep dit makliker.
Geniet net so as gereg of saam met ‘n mengelslaai.

Resep en foto’s: Christelle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page