Your Recipe Blog

HOENDERLEWERTJIES VIR MIDDAGETE

HOENDERLEWERTJIES VIR MIDDAGETE

“Hoenderlewertjies, gebraaide uie, gebraaide spek en pap met suursous.” Hier is nie ‘n resep nie, al die mates hang af van hoeveel porsies jy gaan voorberei, en hoeveel lewertjies jy gaan gebruik.

  • spek genoeg vir die aantal porsies wat jy gaan bedien
  • 2 – 3 uie, gekap
  • hoenderlewertjies, hoeveelheid na smaak, 500 g of meer
  • asyn, vir marinering
  • speserye, soort en hoeveelheid na eie keuse
  • koekmeel, vir bedekking van lewertjies
  • Bistopoeier, vir meng met meel, hoeveelheid na smaak
  • ekstra bietjie asyn en water, vir suursous ontwikkeling
  • swartpeper, na smaak

Berei die pap voor.  Hou eekant en warm.
Maak lewertjies skoon en laat lê in bietjie asyn.
Braai spek apart in ‘n skoon pan – ek gebruik ‘n lugbraaier.
Braai uie tot mooi bruin en hou ook eenkant by spek en pap.
Haal die lewertjies uit die asyn en sorg dat alle vliesies af gesny is en kyk of daar nie nog stukkies gal is nie – dit veroorsaak ‘n bitter smaak.
Sprinkel speserye van jou eie keuse oor die lewertjies, asook ‘n bietjie asyn. Ek het my eie speserye mengsel gebruik.
Laat staan die lewertjies vir ‘n rukkie, rol in meel en bak in vlak olie.
Skep uit bo-op uie.
Maak van die meel wat in die bak oor gebly het waarin jy  die lewertjies gerol het, ‘n sous.
Ek voeg Bisto by die meel, asook bietjie speserye, swartpeper en nog bietjie asyn – vir ‘n suursous gemeng saam met die stukkies vleis wat in pan oorgebly het.
Verdun met klein bietjie water en voeg dan by die aangemaakte sousmengsel by.
Kook goed deur. Skep op en bedien.

Reseo en foto: Alta Gunter Van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5