Your Recipe Blog

HOENDERLEWERTJIES MET SUURSOUS

HOENDERLEWERTJIES MET SUURSOUS

  • 3 x 250 g bakkies hoenderlewertjies
  • sout en peper na smaak
  • 2 eetlepels asyn
  • koekmeel
  • olie vir vlakbraai
  • Sous:
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 2 teelepels hoogvol souspoeier
  • 2 koppies water
  • 1 teelepel braaivleis speserye
  • 1 teelepel swartpepper
  • 1 eetlepel Worchestersous
  • 1 eetlepel asyn

Maak lewertjies mooi skoon, en kyk of daar nie miskien ‘n stukkie gal aan sit nie anders is dit bitter.
Strooi sout en pepper na smaak oor lewerjies asook die asyn, plaas eenkant vir ‘n rukkie.
Rol nou elke lewertjie goed in meel en bak in vlak warm olie, mooi bruin tot gaar aan beide kante.
Skep uit in ‘n bak. Deglace pan met 1 koppie water.

Volgende stap is om die sous te  maak.
Meng die meel en souspoeier saam, meng nou 2 koppies water by dit, meng goed, voeg res van die sousbestanddele by.
Roer in by die water in die pan, meng goed deur en kook tot sous gaar is.

Hier moet jy nou self proe vir suur, sout en pepper gehalte, hou sous apart.
Wanneer reg na smaak, bedien saam met die lewetjies op die pap of stysel van jou keuse.

Nota:
Maak gewone mieliepap om saam dit te bedien.
Ook saam met dit bedien is gebraaide spek in die Airfryer en ook gebraaide tamaties in Airfryer, bietjie suiker sout en swart pepper en bietjie oreganum.
Uie apart gebraai met net Aromat vir smaak.

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5