HOENDERLEWERTJIES BEDIEN MET MIELIEPAP
Maak eerstens stywe mieliepap.
- 2 koppies water
- 1 koppie mieliemeel
- 1 teelepel sout
- ½ koppie gerasperde kaas
- 1 eetlepel botter
Meng die water, meel en sout saam en sit op ‘n stadige plaat op die stoof.
Roer en kook tot gaar.
Roer en kook tot gaar.
Wanneer die pap gaar is, roer die botter in en dan die kaas.
Spuit ‘n muffin pannetjie en druk pap in pannetjie om ‘n bakkie te vorm.
Bak in oond teen 180°C vir 20 minute, haal uit en laat afkoel.
Maak lewertjies soos jy daarvan hou.
- 1 bakkie hoenderlewertjies
- 2 eetlepels blatjang
- ½ rissie, opgesny
- 1 ui opgesny
- 1 teelepel droë mosterd
- 2 eetlepels tamatiesous
- sout en peper na smaak
- ¼ koppie water
Kook alles saam tot gaar. Nie te lank nie die lewer moet net gaar wees.
Skep in die pap bakkies en bak weer vir so 15 minute.
Bedien met ‘n sousie van jou keuse.
Foto en resep: Marian van Deventer
Category: